Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR SKYLA THORNTON (VERTAAL DEUR MIEKE DE WET)

Wanneer die temperature in Stellenbosch styg na ’n folterende hitte, vind sommige studente dit moeilik om op hulle studies te fokus of om enigiets anders te doen as om oor die hitte te kla. Daar is egter talle aktiwiteite waarmee studente hulleself kan besig hou gedurende ­hierdie warm somersdae.

Geniet ’n dag by die Coetzenburg-damme 

Die twee Coetzenburg-damme is die beste plekke binne loopafstand van kampus af waar jy kan gaan swem en af koel. Die nuutste (en skoner) dam, Ertjieskloof, blink net soos ’n turkoois oase vir dié studente wat terug op kampus is.

Anne Hall, ’n HonsBSc (Sportwetenskap)-student sê: “’n Warm dag in Stellies vir ’n student … sal altyd water insluit, en moenie vergeet om by die vrugtesmous en die drankwinkel te stop op pad na die Coetz-dam toe nie!”

Soek ’n vriend met ’n swembad

Nie baie studente is gelukkig genoeg om toegang tot ’n swembad te hê nie, maar as jy ’n vriend ken wat een het, dan is dit ’n bonus op ’n warm dag. Jy kan boonop sake verbeter deur ’n braai en ’n partytjie te reël.

Hou ’n piekniek onder Jan Marais Natuurreservaat se bome

’n Piekniek is ’n goeie manier om die skaduwee van die pragtige bome in Stellenbosch te geniet. Jy kan ook ’n speletjie of kaarte saam met eetgoed bring om die hele ervaring meer stimulerend te maak. 

Jan Marais Natuurreservaat is die perfekte plek vir ’n piekniek, maar daar is ander skadukolle in Stellenbosch soos die Drie Susters se grasperk, die rugbyvelde by Coetzenburg-stadion en die Universiteit Stellenbosch se Botaniese Tuine.

Wag vir somer om te eindig

Aangesien daar in die meeste geboue op kampus lugversorging en waaiers is, is die beste ding wat jy kan doen om ’n yskoffie te koop en net te wag vir somer om tot ’n einde te kom. 

“Ek kan dit nie genoeg sê nie; dit is so warm en droog in Stellenbosch dat dit maar die beste is om in jou kamer te sit en te wag tot somer eindig,” sê Brendan du Plessis, ’n tweedejaar-BA (Visuele Kunste)-student.

So onverdraaglik soos ’n warm dag in Stellenbosch is, is dit moontlik om dit te oorleef. Daar is aktiwiteite waarmee jy jouself besig kan hou, so verken hierdie opsies wanneer die temperature weer styg.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial