Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR ALEXANDER BRAND

vertaal deur Dominique Fuchs

RAMFEST is terug met vol­le vaart hierdie komende naweek by die Hillcrest Quar­ry in Durbanville. Hierdie dag lange fees beloof om die beste van die plaaslike alternatiewe scene saam te bring asook ’n internasionale act. The Black Dahlia Murder, ’n Ameri­kaanse death metal band van Waterford, Michigan, sal die fees headline saam met Suid-Afrikaanse legendes soos Van Coke Kartel.

Rock, metal en alternatiewe musiek entoesiaste het al oor die jare die fees bygewoon en dit is ’n moerse mosh pit propvol kopskud. Die at­mosfeer is aansteeklik en die musiek is beautifully intense. Voor verlede jaar se RamFest, is die fees in 2014 laas aange­bied. Hierdie jaar se rendition sal veral rof wees wanneer Van Coke Kartel (VKC), wat laas in 2017 opgetree het tydens hul fina­le toer, weer kragte saamspan vir RamFest 2020.

Francois van Coke, die hoof­sanger van VCK, het vertel oor die RamFest-reünie: “Ek het great herinneringe van RamFest waar­tydens ek saam met van my gun­steling-bands opgetree het. Fokof­polisiekar wat vir AWOLNATION geopen het en VCK wat saam met Alkaline Trio opgetree en gekui­er het. Ek het ook al amazing par­ties by die Ram gehad; my stem, skoene en waardigheid verloor.” Hy het geen bedenkinge dat die band “gereed, bereid en gewillig” is om die RamFest-feesgangers ’n full set te gee, nes net VCK kan.

Anton Louw, die hoofsanger en kitaarspeler van The Valley, sê: “Ons is regtig opgewonde om by RamFest op te tree. Opelug-op­tredes is die beste en om saam met my pelle Peasant en Stoker op die lineup te wees, sorg altyd vir ’n lekker tyd. Ek het geen twy­fel dat dit ’n killer-fees gaan wees met klipharde musiek wat teen die quarry-mure weergalm.

Die fees sal twee verhoë hê, ’n hoofverhoog (die Ram-verhoog) en nog ’n verhoog wat deur Meta­l4Africa (M4A) geborg word. Kos, alkohol en nie-alkoholiese ververs­ings sal by die fees verkoop word.

Nog bands om na uit te sien, sluit Facing the Gallows, Metallica Trib­ute, Peasant, Stoker, The Valley en MARENE in. Op die M4A stage sal III System, Rhakshah, Ohgod, Hu­man Nebula, Indika Black, Thread of Omen en Creating the Godform optree. Kaartjies is op Howler beskikbaar. Die early bird-kaartjies is reeds uitverkoop, maar pre-sold kaartjies is beskikbaar vir R300 of R350 op die dag.

In Francois van Coke se woorde: “Long live RamFest!”.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial