BY NICOLE NASSON
*Vertaal deur: Dominique Fuchs
*regstelling van feite
Alhoewel die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid op 10 Oktober 2019 deur die Konstitusionele Hof as grondwetlik geregverdig bevind is, het drie lede van die Universiteit se Konvokasie-bestuur, insluitend die president, advokaat Jan Heunis, bedank.
Gelyke Kanse, ’n organisasie wat veg vir Afrikaans en verteenwoordig word deur Heunis, het ’n hofsaak teen die Universiteit ingestel ten gunste daarvan om die ou taalbeleid te behou. Die Konstitusionele Hof se uitspraak was egter ten gunste van die Universiteit. Gelyke Kanse het onder meer die hersiene taalbeleid asook die aanstelling van die US-kansellier, regter Edwin Cameron, wat op die paneel van die US se taalbeleidsaak gedien het, teengestaan.
Wim de Villiers, US vise-kansellier, is deur die DA-parlementslid dr. Leon Schreiber daarvan beskuldig dat hy die nominasie van Cameron as kansellier beïnvloed het. De Villiers was daarvan beskuldig dat hy onvanpaste kontak met Cameron gehad het gedurende die US se hofsaak.
Die Matie het in die verlede verslag gedoen oor die US se taalbeleid wat Afrikaans en Engels as onderrigtale geïmplementeer het. Na aantuigings teen De Villiers die lig gesien het, is ’n onafhanklike ondersoek deur die Uitvoerende Komitee van die Raad gelas. Die ondersoek is deur afgetrede regter Burton Fourie gelei. Dit is gelas om te ondersoek of De Villiers ingemeng het met die uitspraak van die saak, waarna Cameron aangestel is by die US. Fourie se ondersoek oor die aantuigings het bevind dat De Villiers nie ingemeng het nie.
Volgens die US se webwerf is die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch ’n statutêre liggaam waarvan alle US-gegradueerdes, alle voltydse en afgetrede akademiese personeel, en alle gediplomeerdes lid is. Huidige nagraadse studente wat hul voorgraadse kwalifikasie aan die US verwerf het, is ook lid van die Konvokasie.
ALHOEWEL die Universiteit Stellenbosch (US) se taalbeleid op 10 Oktober 2019 deur die Konstitusionele Hof as grondwetlik geregverdig bevind is, het drie lede van die universiteit se Konvokasie, insluitend die president, advokaat Jan Heunis, bedank in protes hierteen.
Die drie lede se bedanking was vanweë hul ondersteuning aan Gelyke Kanse en hul ontevredenheid oor die hersiene taalbeleid. Gelyke Kanse het onder meer die hersiene taalbeleid asook die aanstelling van die US-kansellier, regter Edwin Cameron, wat op die paneel van die US se taalbeleidsaak gedien het, teengestaan.
Wim de Villiers, US vise-kansellier, is deur die DA-parlementslid dr. Leon Schreiber daarvan beskuldig dat hy die nominasie van Cameron as kansellier beïnvloed het. De Villiers was daarvan beskuldig dat hy onvanpaste kontak met Cameron gehad het gedurende die US se hofsaak.
Die Matie het verlede jaar verslag gedoen oor die US se taalbeleid wat Afrikaans en Engels as onderrigtale sou implementeer. ’n Hersiening van die taalbeleid is in 2016 in werking gestel wat Engels as die primêre onderrigtaal bevestig het, terwyl Afrikaanse notas, lesse en vertalingsdienste beskikbaar sal wees op versoek. Gelyke Kanse, ’n organisasie wat veg vir Afrikaans en verteenwoordig word deur Heunis, het ’n hofsaak teen die universiteit ingestel ten gunste daarvan om die ou taalbeleid te behou. Die Konstitusionele Hof se uitspraak was egter ten gunste van die universiteit.
Ná aantuigings teen De Villiers die lig gesien het, is ’n dissiplinêre verhoor gelei deur die afgetrede regter, Burton Fourie. Dit is gehou om te bevind of De Villiers ingemeng het met die uitspraak van die saak, wat uiteindelik gelei het tot Cameron se aanstelling by die US. Fourie se ondersoek oor die aantuigings het bevind dat De Villiers nie ingemeng het nie, alhoewel Heunis en twee ander lede van die Uitvoerende Komitee se Konvokasie bedank het.
Wat is die Konvokasie?
Volgens die US-webtuiste is die Konvokasie ’n statutêre liggaam waarvan US-gegradueerdes, voltydse en afgetrede akademiese personeel deel vorm.