Skitter met ’n klein begroting


CATHARINA VAN DER MESCHT

Dis tyd om jou dansskoene af te stof, huisdansseisoen is hier. Daar was nog nooit ʼn beter tyd om jouself te bederf nie. Ongelukkig is die studente-stryd ’n werklikheid, want die begroting knyp maar. Dit is waarom die volgende studentebesighede, teen ’n bekostigbare prys, die perfekte oplossing vir ’n huisdansbederf is.

Get Nailing

Get Nailing is ’n mobiele naellakbesigheid wat jou naels sal laat skitter vir jou huisdans. Jacki Rossouw, eienaar van Get Nailing en self ’n naeltegnikus, sê: “Ek gebruik slegs 100% veilige en vegan Bio Sculpture Gel-naellak.” Rossouw se besigheid is geleë in Onder Pappegaaiberg in haar woonstel, maar sy kan jou ook by jou koshuis of woonstel ontmoet.

Haar pryse is perfek vir ’n studentebegroting en sy het tans ’n huisdanspromosie. WhatsApp Rossouw by 076 840 4900 of stuur ’n boodskap na haar Instagram-blad @getnailing.

Winging It

Winging It bied grimering en haar dienste vir enige geleenthede teen ’n bekostigbare prys. Eienaars en aspirantgrimering en haarkunstenaars, Jamie Porter en Lauren Mortimer, sal na jou toe kom om hulle dienste te lewer. Kliënte kan ʼn afspraak maak deur hulle te WhatsApp na 072 826 2594 of 072 257 6881 of deur ’n boodskap na hul Instagram-blad @wingingitmu of hul Facebook-blad Winging It te stuur.

The Bow Co

“The Bow Co. is ’n start-up besigheid wat handgemaakte strikdasse en dasse verkoop vir enige geleentheid teen ’n prys wat selfs student nie kan weerstaan nie,” sê eienaars Stefanie van der Merwe en Julian Goldmann. Dit is die perfekte geskenk vir jou metgesel of om jouself te laat uitstaan tussen die skare. Bestellings kan geplaas word deur ’n e-pos te stuur na thebowcoza@gmail.com of deur ʼn boodskap te stuur na hul Instagram-blad @thebowco.

The Bearded G Lt

The Bearded G Ltd. verskaf versorgingsprodukte soos baardolie en seep vir die moderne man. “Die besigheid het in 2017 onstaan in Huis Russel Botman na maande se navorsing en toetslopies,” bevestig eienaar Njabulo
Magnificent. Hierdie produkte kan gebruik word voor jou huisdans om ’n gesonde en goedversorgde baard te verseker. Dit kan aanlyn bestel word by
www.beardedg.co.za of deur ’n boodskap na die Instagram-blad @thebeardedg_ltd te stuur.

Sew Sweet

Sew Sweet bied ’n wye verskeidenheid handgemaakte haarserpe wat elke stylvolle meisie se sak sal pas. Vir die huisdans-seisoen kan Sew Sweet se haarprodukte gebruik word om jou unieke styl uit te beeld. Dié haarserpe kan bestel word deur ’n boodskap te stuur na die Instagram-blad @sew.sweeeet.

Pure-Beauty

Pure-Beauty is ’n 100% natuurlike en organiese selfsorgbesigheid wat verskeie body scrubs vervaardig. “Dit is vir my baie belangrik dat meisies goed voel in hulle eie vel,” sê eienaar Reini Scheepers. Hierdie produkte kan gebruik word vir ’n gesonde en gloeiende vel vir jou huisdans. Bestellings kan geplaas word deur ’n boodskap na die Instagram-blad @purebeauty_stellies te stuur.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram