Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

LEMUEL BLIGNAUT

Terwyl meeste van ons onder komberse weggekruip het, het ’n paar dapper roeiers die waters van die Bergrivier aangedurf tydens die jaarlikse Bergrivier-kanomarathon.

Met die marathon wat al aan die gang is vanaf 1952, is dit steeds gewild. Dié jaar was dit tussen 3 en 6 Julie en het oor 240km se water tus- sen die Paarl en Velddrif gestrek. Maties Canoeing het hul staal gewys en het met drie podiumpl- ekke teruggekeer.

Evan Knight, ’n Maties Canoeing-komiteelid, het met die eerste plek in die solo-afdeling vir mans geëindig, na tussen drie en vier maande se strawwe voorbereiding. Die kronkels en draaie van die Bergrivier is vir Knight, wat hierdie uitdag- ing al drie keer aangepak het, geen vreemde verskynsel nie.

“Dit is ’n unieke uitdaging, en gee ons so ’n goeie basis vir die res van die seisoen dat dit vir ons ’n baie maklike besluit is om deel te neem,” het hy gesê.

“Ek sal definitief weer die Bergdoen, dit is ’n hoog aangeskrewe resies.” Selfs al is hy gemaklik op sy eie in ’n kano, het Knight gesê dat die spanresies die beter een van die twee was, aangesien jy iemand het wat jou deur die rowwe kolle kan help, en jy dieselfde vir hulle kan doen.

Knight het gesê omdat die rivier in jy nog ’n lang pad het om te gaan. Hier is Tracey Oellermann, wat saam met haar spanmaat Melissa van Rooyen die eerste plek in die dames kategorie gewen het, dit met hom eens. Sy het gesê die 60km van daardie dag, en die wind van voor wat hulle beleef het, het dinge vir hulle moeilik gemaak.

“Ek berei al die hele jaar voor, nie spesifiek gefokus op die Berg nie, maar meer vir die seisoen wat ons nou ingaan, is die Berg ’n goeie leerskool. “Ek sal definitief volgen- de jaar terugwees, en almal wat nuut is aan die sport aanmoedig om deel te neem aan die avontuur, want pret en gesonde kompetisie speel ’n groot rol in resiesjaag.”

Dag drie was vir Oellermann die lekkerste vanjaar. Dit het 75 km van sterk vloeiende water behels met ’n langerige stuk waar hulle die kano’s moes dra. Dit was Oellermann se eerste Bergrivier-kanomarathon, maar beslis nie haar laaste nie. Sy het aanbeveel dat jy jou eerste Bergrivier-marathon as ’n span moet doen, omdat dit jou leer om geduldig te wees, en ook op iemand anders staat te maak.

Alan Houston, die voorsittervan Maties Canoeing, is die derde Matie wat met ’n podiumposisie teruggekeer het. Hy en sy span-maat, Stewart Little, van Varsity College het derde in die spanresies geeïndig.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial