Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DOMINIQUE FUSCHS

Die eksamen is om die draai en studente begin solank Concerta en Ritalin opgaar vir die paar weke van hel wat voorlê.

Medikasie soos Concerta en Ritalin word normaalweg gebruikom ADHD (Aandagafleibaarheid-hiperaktiwiteitsindroom) te behandel. Dié pille is albei stimulante wat help met konsentrasie en die beheer van gedrags probleme. Concerta en Ritalin het albei ‘n soortgelyke effek op die brein en is verskillende weergawes van methylphenidaat hidrochloried.

Die verskil tussen die twee pilsoorte is dat Concerta ‘n lang-werkende medikasie is wat dopamien stadig vrystel. Dopamien is ‘n chemikalie wat in die brein voorkom en verantwoordelik is vir die gevoel van plesier en beloning.

Anders as Concerta word Ritalin se effek onmiddellik gevoel enduur vir ‘n korter tydperk as Concerta. Die pil verhoog ook dadelik die dopamien-vlakke in die brein.

Nadiraah Matthews, ‘n tweede-jaar-BCom-student, het gesê datConcerta dadelik inskop en haar help om haar leerwerk te verstaan en daarop te fokus. Sy geniet dit ook meer om te leer wanneer sy die pil geneem het.

“Sonder die pil voel dit asof ek nie kan fokus nie en ek raak angstig,” het Matthews gesê.

“Ongelukkig kry ek pynlike hoofpyne ‘n paar uur nadat ek die pil geneem het en my eetlus verd-wyn ook heeltemal.” Die pil veroorsaak, volgens haar, ook dat haar brein nie in die aande “afskakel” nie en sy dus sukkel om te slaap.

Volgens dr. Anél Terblance, ‘n mediese dokter en oud-Matie, is methylphenidaat se funksie nie om misbruik te word deur studente om wakker te bly of om hulle te help studeer nie.

“Die beste maniere om konsentrasievlakke te verbeter en te leer is steeds die natuurlike maniere, insluitend meer as sewe ure se slaap per nag, ‘n bietjie oefeningelke dag en genoeg (alkoholvrye) vloeistof,” het Terblanche gesê.

Marietjie Taljaard is al 47 jaar betrokke in die onderwys betrokke en ook aan die Tina Cowley leessentrum (wat kinders met leer-en leesprobleme help) verbonde.

“Deur die jare het ons tientallekinders, sommige so jonk as 5 jaar, by ons gehad. Die gebruik van Ritalin en Concerta het astronomies toegeneem.
Ek glo dat hierdie chemiese stowwe wel hul regmatige plek indie behandeling van ADHD het, maar die misbruik daarvan deur veral studente tydens eksamens, is uiters kommerwekkend,” het Taljaard gesê.

“Baie van ons leerders en stu- dente wat Concerta en Ritalin gebruik, kla oor versteurde slaappa-trone, hoofpyne en ook ‘n gebrek aan eetlus.”

Taljaard het gesê dat DMAE ,ook bekend as dimethylaminoethanol en Omega drie salmoliedeur honderde van hulle leerders, universiteitstudente en selfs vol- wassenes vir die afgelope 13 jaar gebruik word en dat die resultate uitstekend is.

Volgens Taljaard is DMAE ‘n absolute natuurlike middel, watgéén negatiewe simptome het nie.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial