Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

CARLA VISAGIE

Met die komende eksamens is dit maklik om in ’n roetine van eet, slaap en leer te verval, maar dit is belangrik om steeds tyd vir ontspanning in te ruim. Hier is ’n paar maniere hoe jy ’n studiebreek kan vat wat jou met nuwe oë na jou werk sal laat kyk.

Kyk na kuns in GUS

Die Galery van die Universiteit Stellenbosch (GUS) is geleë op die hoek van Dorp- en Birdstraat en is op weeksdae tussen 09:00 en 16:00 oop.

Al is kuns nie jou ding nie, is GUS dalk net die ding in jou prys- klas – dit is gratis. Die uitstalling White City is tans aan die gang en die fotografie- en nuwe me- dia-kunstenaar Ashley Walters se werke word vertoon. White City duur tot 31 Mei.

Stap rond in Jan Marais

Die Jan Marais-natuurreser- vaat is geleë aan die bopunt van Victoriastraat en toegang is gratis. Aangesien jy nie meer klas toe hoef te stap nie, kan jy jouself bederf met ’n nuwe roete in die idilliese natuurskoon. Om aktief te bly is veral goed vir jou gedurende die eksamen.

As jy nie wil gaan stap nie, kan jy fietsry, piekniek hou, mediteer of watookal jy nie in die SS kan doen nie.

Eet iets saam met vriende

Op Stellenbosch hoef uiteet nie duur te wees nie. Jy moet net op die regte plek op die regte tyd wees om nie die gat in jou sak té groot te maak nie.

Watami bied daagliks vanaf 12:00 tot 17:00 40% afslag op hul soesji-buffet.

Courtyard Café sluit daagliks vanaf 12:00 tot 16:00 gratis tapas in as jy pizza of nachos bestel. Ju- lian’s Café Bar het ’n ontbyt vir R26,95 tussen 08:00 en 11:00.

Speel met die diere by die DWVS

Die Dierewelsynsvereniging (DWV) Stellenbosch is ’n nie-wins- gewende organisasie wat altyd op soek is na vrywilligers om aandag aan hulle diere te gee.

As jy jou woef by die huis mis of sommer net terneergedruk voel deur die eksamenstres, is vierpoti- ge vriende net die ding om jou op te kikker.

Hulle is ’n entjie buite die dorp in Devonvalleistraat geleë en Sondae tot Vrydae vanaf 10:00-16:00 oop en Saterdae vanaf 09:00-13:00.

Besoek die speelgoed-museum

Toegang tot hierdie versteekte Stellenbosch-juweel geleë in Mark- straat sal jou slegs R15 uit die sak jaag en is weeksdae tussen 09:00 en 16:30 oop, op Saterdae tot 14:00 oop en op Sondae gesluit.

Die museum is ’n betowerende wêreld wat wag om ontdek te word vol ditjies en datjies en speelgoed van toeka tot nou. ’n Skaalmodel van die Bloutrein, die enigste van sy soort in Afrika, is een van die museum se groot pragstukke.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial