RENÉ ESTERHUYSE

Studente van die Universiteit Stellenbosch (US) het die afgelope Saterdag bymekaar gekom om teen hongersnood en wanvoeding onder skoolkinders te veg. Con- nect, die US se fondsinsamelingsliggaam, het ‘n maaltydverpakkings geleentheid gehad wat die doel voor oë gehad het om voed- same maaltye aan kinders wat in die Wes-Kaap te voorsien.

Die idee vir die geleentheid het ontstaan ná die Universiteit van Kaapstad (UK) onlangs hul eie projek, genaamd #LunchBoxChallenge , geloods het.

Vir dié projek het studente 750 toebroodjies verpak wat toe aan skole geskenk is waar honger kinders ‘n kwessie is. “Die idee agter die geleentheid was in reaksie op die UK se uitdaging,” sê Taydren van Vuuren, ‘n Connect-verteenwoordiger.

“Wanneer kinders op ‘n jong ouderdom aan wanvoeding blootgestel word, veroorsaak dit verdwerging, wat hul akademiese prestasie belemmer.

Met die afgelope naweek se ge- leentheid het Connect nie net probeer om op #LunchBoxChallenge te reageer nie, maar om ook op die inisiatief te bou.

“Ons wou nie net ‘n oplossing skep wat leerders vir net een dag sou help nie. Ons wou ‘n manier kry om ‘n langer durende impak te hê en nie net hongersnood takel nie, maar ook wanvoeding in skole,” sê Cai-lin Perrie, Connect se Voorsitter.

Maties-studente het dit reg- gekry om 20 000 kospakkies saam te stel. Elke kospakkie voed 6 mense.

Perrie sê sy hoop dat hierdie geleentheid soortgelyke inisiatiewe sal laat vlamvat by ander Suid- Afrikaanse universiteite.