YSIGE WINTER NET OM DIE DRAAI Heléne Leonard maak haarself gereed vir die winter en hou haarself besig met ’n lekker warm koppie koffie in die hand.

DESLENE PRINS

Winter is op pad en saam met winter kom die winter blues. Daar is egter ’n paar wenke wat jy kan volg om seker te maak dat dit altyd lente bly vir die Stellenbosse student:

Kamp in jou kamer

Ons is almal steeds kinders in ons harte. As jy verveeld is, gryp jou komberse en ’n paar stoele en maak vir jou ’n tydelike tent net soos in jou kinderdae.

Kry iets lekker om te eet en miskien ’n paar glase wyn of ’n warm sjokoladedrankie en verdwyn na jou eie klein wêreld.

Jy kan selfs ’n nuwe fliek of ’n nuwe TV-reeks op jou skotrekenaar aflaai en van jou tent ’n teater maak.

Maak ’n vreugdevuur

’n Vreugdevuur, ook betekend as ’n bonfire, is iets wat jy en jou vriende maklik kan maak. Maak natuurlik eers seker dat julle dit op ’n veilige manier doen. Verkieslik ver van huise of lang gras af.

Kuier lekker saam met vriende om ’n warm vuur en braai ’n paar malvalekkers.

Dit is een manier wat beslis die winter blues sal oplos.

Besoek ’n nuwe restaurant

Stellenbosch is vol wêreldklas-restaurante wat almal interessante style en kulture laat saam smelt.

Kry ’n groep vriende en toer in Dorp- of Kerkstraat af.

Moenie bang wees om nuwe dinge te probeer en geniet nie.

Ondersteun wintersporte

Daar is baie wintersporte om van te kies hier in Matieland.

Buiten rugby is daar hokkie, basketbal, sokker, tennis, atletiek,
skaak, netbal, pluimbal en fietsry.

Alhoewel ons almal lief is vir ’n Varsitybeker-Maandag, is daar talle ander sporte waarby jy kan aansluit of ondersteun.

Ondersteun Maties by elke geleentheid wat verskaf word.

Blykies van goedsinnigheid

Skenk van jou ou klere of speelgoed. In die winter is daar talle families wat nie warm klere of kos het om tee eet nie, wat nog te sê van speelgoed of ’n warm vuur waarby hulle kan sit.

Meeste koshuise het liefdadigheidsprojekte waarby hulle betrokke is wat kleure en kos skenk aan liefdadigheidsorganisasies.

Help om ’n verandering te bring. Sit sal jou boonop laat goed voel
om ’n bydra te lewer.

Gaan kyk ’n US-Kooroptrede

Universiteit Stellenbosch spog met een van die beste universeitskore ter wêreld. Hulle hou nou en dan opvoerings wat gratis is om te gaan kyk.

Hulle hou nou en dan opvoerings wat gratis is om te gaan kyk.

Hou jou oor op die grond en as jy hoor van ’n opvoering, gaan luister gerus na die bevaamde koor.

Probeer ’n warm jogaklas

Miskien is dit glad nie wat jy verwag het om te lees nie, maar joga is ’n gewilde manier om van spanning ontslae te raak.

As sport en strawwe oefening nie eintlik jou ding is nie, kan joga ’n ander opsie wees.

Behalwe dat dit jou soepelheid verbeter, is joga ’n goeie toevoeging tot ’n oefenroetine. Daar is spesifieke posisies in joga wat ontwerp is om krag te verbeter en spiere op te bou.

Die Hot Yoga Studio in Andrigastraat gee spesiale afslag vir studente. Daar is selfs ’n skedule asook ’n lys van die verskillende tipe jogas en hul pryslys is op die webwerf te vinde.

Photo:Armin Prinsloo