ANNERI COETZEE EN DANÉ DOOGE


Verlede week, by Trumpet Tree in Dorpstraat, was die gehoor en beoordelaars behoorlik beïndruk met Adam&Eve se ambassadeurs-modeparade. Adam&Eve is ʼn klerereeks waarvan dié spesifieke klere, wat verskillende make behels, slegs in Trumpet Tree gevind word. Die aand het begin met groot beloftes van lekker wyn, lekker kos en nog beter klere. Die rede? Om Adam&Eve se nuwe ambassadeur te kies waarvan dié ʼn prys van (onder andere) R5000 se klere gewen het.

 

Ruan Goosen, die stilis en model-koördineerder het gesê: “Ons kies ons laaste ambassador, saam met Danie du Toit en Kristen Raath, vir die jaar. Die idee is om ʼn lekker rustige aand aan te bied, wat pas by Adam&Eve se klere se vibe, wat eksklusief by Trumpet Tree verkoop word.”

 

Deur die aand het Du Toit en Ame Rademeyer opgetree, asook Jack Parow, wat as die vyfde beoordelaar ’n verskyning gemaak het.

 

Die tweede deel van die aand het die deelnemers se persepsie van Adam&Eve behels, waar die modelle en potensiële ambassadeurs hulle oorspronklike idees na vore gebring het. Hulle het hulle eie uitrustings uit die winkel gekies, wat hulle toe moes rond paradeer. Daar was benewens al die mode, ook ʼn strawpedokompetisie (of soos wat die seremonie meester, JP Quickelberge, gesê het: “ ʼn Manier om te sien waar die ouens van Catwalk uithang).

 

Jack Parow het veralgemeen en gesê dat hy intodie Hawaiian shirtsis, en dat hy so tydjie terug by hulle hemde gekoop het en dat die vibe “befok” was.

 

Danneel Stone, eienaar van Adam&Eve, het gesê dat die aand vir hom belangrik was. Meeste van die klere word op sosiale media verkoop en vir daardie rede is dit vir Stone belangrik dat die nuwe ambassadeur ook iemand is “waarvan mense sal hou en dat potensiële kliënte moet sien hoe die klere aan mense in lewende lywe sit.”

 

Aan die einde van die aand het die beoordelaars vir UNISA student Kayla Smal as die nuwe ambassadeur gekies. Die aand was ʼn sukses en daar word uitgesien om te sien wat Stone en sy medewerkers volgende gaan vermag.

 

Foto’s: Megan Krug