Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

MATIESCAM PRYK OP ADVERTENSIEBORD Die Besigheidsontwikkelingsbestuurder en uitvoerende direkteur in die Neelsie.

 

CARLA VISAGIE

Meeste student het al op ’n punt gekom waar hulle vir ’n week lank moet oorleef op Pulp se springmielies of 2 Minute noodles.

Gerjo Hoffman, ’n alumnus van die Universiteit Stellenbosch (US) het as student ervaar dat sente gereeld omgedraai moet word. Maties Cam is ’n sosiale media platform waarop studente selfies kan deel en daarmee saam ’n geleentheid gebied word om gratis inkopies te kan kry deur punte vir die selfies te verdien. Vir elke selfie wat geneem word waarby ’n plakker of raam gevoeg is, verdien studente ’n sekere hoeveelheid punte, of te wel JETPoints.

Elke produk in die aanlynwinkel kos ’n sekere hoeveelheid JETPoints, en hierdie punte kan dan vir inkopies geruil word.

Volgens Hoffman, ook die uitvoerende direkteur van Jet8, die maatskappy waaraan Maties Cam gekoppel is, is die toepassing ontwerp om ’n verhouding tussen besighede en die gemeenskap tot stand bring. “Ons wil verbruikers en handelsmerke skakel om op die ou end bemarkingsagente
vir handelsmerke te bewerkstellig, en aan die ander kant weer vir studente ’n geleentheid bied om gratis inkopies te kry,” het Hoffman gesê.

Foto: Carla Visagie

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial