Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

LIAN VAN WYK

Sport by die Universiteit Stellenbosch (US) blyk die volgende fokuspunt van vanjaar se Eeufeesvieringe te wees.

“Sport, Krag en die Samelewing,” is die naam van ’n driedaagse konferensie wat van 9 tot 11 Oktober deur die Departement Sportwetenskap, in samewerking met die US Museum, aangebied word.

Die konferensie, wat by die US Museum in Ryneveldstraat gehou word, raak temas van kuns en literatuur tot inheemse sport, sportpublikasies en afrigting aan.

Dr. Francois Cleophas, mede- organiseerder van die konferensie en dosent aan die Departement Sportwetenskap, het gesê dat die konferensie ongekarteerde Suid- Afrikaanse sportgeskiedenis verken, veral die verborge en diepgaande spanning in dié sportgeskiedenis wat dikwels deur oppervlakkige denkbeelde van “sport bring eenheid” verdoesel word.

Eland is in die 1948 Olimpiese span van Groot-Brittanje ingesluit nadat hy die geleentheid deur die South African Olympic and Empire Games Association geweier is.

Dr. JP Smit, ‘n Senior Lektor indie Departement Filosofie aan die US,sal as hoofspreker van die konferensie optree met verrigtinge wat hoofsaaklik in die vorm van mondelinge en referaataanbiedings sal plaasvind. Kenners van regoor Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap wat aktief in die skep van sporthistoriesetekste van ʼn wye aard betrokke is, salteenwoordig wees.

Die US se tweedejaar Sportwetenskap studente bied as deel van die konferensie ’n kort vertoning aan. Volgens ’n mediavrystelling, beklemtoon hierdie vertoning die21ste eeuse ruimtes waar fisiekekultuur geleë is.

Hiermee word ook beoog om ’n ruimte te skep waar studente in’n fisiese kulturele ruimte met diegemeenskap kan gesels.

Dié vertoning blyk ’n hoogtepunt van die konferensie te wees.

Photo: Armin Prinsloo

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial