LEMUEL BLIGNAUT

Dagbreek se Badgers het ’n hok- kiestokkie voor die manne van Helderberg se drome in die winterkoshuisliga naal gesteek.
Na ’n e ens swak vertoning in die eerste helfte van Donderdag 21 September se wedstryd, het Dagbreek ’n baie goeie tweede helfte gespeel, om Helderberg net-net te klop. Helderberg het egter nooit teruggestaan nie, wat veroorsaak het dat die wedstryd eers na uitskietrondes, en toe na ’n valbylstel beslis is, met Dagbreek wat met ’n totaal van vyf doele geseëvier het,

teenoor Helderberg se vier.Daniel Lombard, een van die skeidsregters in die naal, sê dit was een van die beste wedstryde wat hy vanjaar oor beslis het, met beide kante wat uitstekend gespeel het. Vroeër dié aand, het Medies- meisies ook hulle wedstryd gewen om as die wenners van hulle liga gekroon te word. Medies-meisies het teen die Oud Studente gespeel in hulle naal.

Vanjaar is dan ook die eerste jaar waar daar net twee ligas is, teenoor die drie van vorige jare. Die eersteliga bestaan uit die Super top 8 en dan die Challenge 8. Die besluit om die ligas so te verander is verlede jaar geneem. Die begin van die seisoen was e ens deurmekaar omdat die astrobane nog nie klaar was nie, maar toe die bane eers voltooi is, het die liga gou spoed gevang.

Jack Perret, Olympus PSO se onderprimarius, sê hy verkies die nuwe formaat van die ligas omdat “jy ’n groter verskeidenheid opponente kry, en dit die spelers motiveer om hulle bes te doen”. “Die enigste klagte wat ek sou hê met die organisering van hierdie jaar se seisoen, is dat daar nie genoeg skeidsregters was nie.”

Hy voeg dan by: “Daar was al wedstryde waar ek moes uithelp, of van die spelers moes plekke ruil met spanmaats langs die veld, net sodat hulle kan help uitjie blaas.”

Robin Reed van Huis Marais se eerste hokkiespan sê dieselfde. “By twee van die ag wedstryde wat ons gespeel het was daar glad nie skeidsregters nie, wat veroorsaak het dat elke span een speler moes afstaan om daai rol te vervul.”

Hy verkies ook die nuwe formaat. “Dis meer kompeterend, die uitdaging is soveel groter.” Hy voeg toe by: “Dis ook die eerste jaar wat ons kit reg is, in die regte kleur, met ons name reg gespel.” By die vroue skuif Medies se tweedespan na die Challenge 8 groep. Olympus skuif na die Super top 8 en Gold elds na die Challenge 8.

FOTO: Philip van Schalkwyk