Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Jana Greyling

Deon Meyer en Ray Kluun, twee van Suid-Afrika se gunsteling skrywers, het by die ATKV-Boektent met Kirby van der Merwe oor hulle sukses en lewens as skrywers gesels.

Meyer is veral bekend vir sy Bennie Griessel-speurverhale. Sy nuutste boek, Die vrou in die blou mantel, nog ʼn Bennie Griessel verhaal, is die Geskenkboek wat op uitnodiging vir verlede jaar se Spannende Boekeweek in Nederland ontstaan het. Daar is 400 000 kopiё van dié boek vir die boekeweek gedruk en dit is nou ook in Suid-Afrika beskikbaar.

Met sy speurverhale wat al in bykans 28 tale vertaal is en verkope wat keer op keer nuwe hoogtes bereik, kan Meyer as een van Suid-Afrika se mees suskesvolle skrywers beskou word.

Ray Kluun, ʼn bekende Nederlandse skrywer wat met sy debuutroman meer as een miljoen boeke verkoop het, vertel in sy boek, ʼn Vrou gaan dokter toe, die storie van wat hy en sy  oorlede vrou in hulle laaste weeke saam beleef het.

Op die vraag hoe ʼn skrywer se lewe lyk het Meyer gesê dat hy tans baie oorsese boektoere doen en dus nie baie tyd kry om te skryf nie. Hy probeer om in sy min vrye tyd aan sy nuwe boeke te skryf. Dit verg volgens hom goeie dissipline.

Kluun, ʼn baie energieke man, het weer gesê oor sy werk as skrywer dat hy dit nie eintlik as werk beskou nie omdat hy doen waarvoor hy lief is. Hy het sy lewe as ontspanne en prettig beskryf.

Meyer, wat oorspronklik as joernalis gewerk het, het gesê hy kry dit reg om aan te hou met skryf en om gemotiveerd te bly omdat skryf vir hom eenvoudig lekker is.

“Dis lekker! Dit voel nie soos werk nie!”

Albei het klem gelê op die belangrike rol wat hulle lesers se terugvoer vir hulle speel. Altwee voel dat hulle “genoegdoening uit die skryfproses en die proses daarna” kry, naamlik die interaksie met hul lesers.

Die ATKV-Boektent het ʼn vol program vir hierdie jaar se Woordfees wat van 2 tot 11 Maart plaasvind. Op die program is praatjies oor onder andere Ramaphosa, Elsa Joubert, Riana Scheepers en Adam Small.

Kaartjies is by Computicket of by die deur beskikbaar.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial