Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

LEMUEL BLIGNAUT

Wat vanjaar se opwindende Varsity Atletiekseisoen betref, mag Noord-Wes Universiteit (NWU) dalk met die koek weggeloop het, maar in Potchefstroom is Gardeo Isaacs van Maties weg met die kersie. Hy is as die Victor Ludorumgekroon ná hy die mans 400 m-finaal gemaklik gewen het, met ’n blitsigetyd van 45.70.

Die 20-jarige BCom (Bestuurs- rekeningkunde)-student sê: “Die tydwat ek gehardloop het, was ʼn doel vir die seisoen. Ek was verbaas en baie bly toe ek hoor dat ek as Victor Ludorum gekroon is, maar die verbasing was nie te groot nie. Dit is ʼn goeie tyd, en ek het geweet dat dit baie punte vir die span sou inbring.”

Hy het die afgelope naweek ook aan die USSA-kampioenskappe deel-geneem, waar hy weereens goud gewen het in die 400 m en waar die 4×400 m-span waarvan hy ʼn lid is ookgeseëvier het. Toe Die Matie hom gevra het watter kompetisie hy dink beter gegaan het, het hy gesê hy reken ditwas Varsity Atletiek. “Ek het beter tye gehard-loop, en was toe ook heeltemal gesond gewees.”

Die moeilikste les wat hy oor die tien jaar wat hy nou al deelneem aan atletiek, eers as ʼn hoogspring atleet, en toe ʼn 400 m hardloper, geleer het, is “om nooit op te hou oefen nie, nooit op te gee nie, en geduldig te wees. Jou harde werk sal vrug dra op die ou einde.”

Sy fokus lê nou by die Suid-Afrikaanse senior kampioenskappe later die maand, asook die voorbereid-ing wat vir daardie kompetisie gedoen moet word. “As ek een persoon moes kies wat die grootste invloed gehad het om my te bring tot waar ek nou staan, sou dit my afrigter, Heinrich Fortuin, wees.”

Isaacs voeg by: “Hy is daar as dinge nie goed gaan nie, as hulle goed gaan, hy berei my net uitstekend voor vir elke wedloop. Hy is al vir vier jaar, sedert die einde van graad 11, my afrigter.”

Hy het gesê hy gaan sy bes probeerom vir die wêreld kampioenskappe die jaar te kwalifiseer, en dan volgende jaar die grote: Tokyo 2020, wat natuurlik die Olimpiese Spele is.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial