Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

LEMUEL BLIGNAUT

Die tweede Deep Learning Indaba het Vanaf 9 tot 14 September by die Universiteit Stellenbosch (US) plaasgevind. Die Indaba was gefokus op die toekoms van masjienleer in Afrika, en die effek wat dit kan hê.

Daar is spesi ek gekyk na moderne tegnieke in masjienleer, met die klem op verdere navorsing in hierdie groeiende veld. Soos wat meer data gebruik en opgewek word, so groei die aanvraag na navorsers wat dit kan ontleed, sowel as nuwe tegnieke om dit te ontleed.

Dit is die tweede geleentheid van sy soort in Afrika, met die eerste een wat verlede jaar by die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) aangebied is.

Die sprekers het van die top name in masjienleer en AI (Arti cial Intelligence) ingesluit, met die verwelkomingshoofrede wat aangebied is deur Nando de Freitas, die hoof van die masjienleer-span by DeepMind. “Om by te bly met die nuutste verwikkelinge in die vel van masjienleer is baie belangrik vir universiteite, beide vir onderrig en navorsingsdoeleindes,” het prof. Wim de Villiers, rektor van die US gesê.

“Big data en AI gaan ’n fundamentele rol speel in die werksplek, sowel as die ontwikkeling en oordrag van kennis tussen verskeie akademiese dissiplines.

“Dit is waarom ons mik om ’n interdepartementele skool vir datawetenskap en ‘computational thinking’ by US te vestig,” het prof. De Villiers bygevoeg.“Ons wil hê die US moet baat vind by die Indaba, en dit die sentrum van masjienleer in Afrika maak,” het dr. Herman Kamper gesê. Hy is ’n dosent in elektroniese ingenieurswese aan die US, wat by die plaaslike organisasie van die Indaba betrokke was. Volgens die Machine Learning Society se webblad is meer as 1 300 aansoeke om die Indaba by te woon, ontvang. Volgens dr. Willie Brink, mede-organiseerder saam met Kamper en ’n senior dosent in Toegepaste Wiskunde by die US, kon net meer as 500 mense egter geakkommodeer word.
Hierdie getal is reeds aansienlik groter as die 300 deelnemers wat verlede jaar toegelaat is.

Die voor- en nagraadse studente wat die Indaba bygewoon het het plakkate voorgelê, terwyl die lesings oor ’n breë verskeidenheid onderwerpe gehandel het, soos “Mathematics for Machine Learning,” “Probabilistic Thinking” en “Recurrent Neural Networks.” Matthew Baas, een van die min voorgraadse studente wat die Indaba bygewoon het, is ’n tweede jaar elektroniese ingenieurswese student by die US en het gesê dat hy van die Indaba gehoor deur die Maties Machine Learning Society, en het aansoek gedoen nadat hulle dit vir al hulle lede aanbeveel het. Hy het bygevoeg: “Ek het veral baat gevind by die praktiese sessies, waar ons al die teorie en tegnieke van die lesings kon toepas.” Die datums vir Indaba 2019 is al aangekondig.

Dit sal by die Universiteit Kenyatta in Nairobi, Kenia plaasvind tussen 25 en 31 Augustus.

Foto: Verskaf

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial