Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Deur Holly Mellin

Vertaal deur Rentia Meyer

Sophia Rabie, ʼn HonsBA (Antropologie)-student aan Universiteit Stellenbosch (US), het onlangs die Rhodes Prestigebeurs ontvang. Die Rhodes Prestigebeurs is in 1902 deur die testament van Cecil John Rhodes gestig. Volgens hulle webtuiste is die Rhodes-beurs  “[een] van die oudste en miskien mees gesogte internasionale beursprogramme in die wêreld, wat uitstaande jongmense van regoor die wêreld in staat stel om voltydse nagraadse studie by Oxford Universiteit te onderneem.” 

Rabie, wat aktief betrokke is by US, hoop dat die geleenthede by Oxford Universiteit haar sal toelaat om haar doelwitte in ʼn verhoogde kapasiteit te bereik. 

Rabie meen: “Die materiaal en intellektuele hulpbronne wat deur hierdie beurs gedek word, is ʼn leg-up wat my help om verder na te strewe waaraan ek toegewyd is: praktiese sosiale intervensie vir groter inklusiwiteit en gelykheid in suider Afrika.”

Volgens die Rhodes Trust-webtuiste se kriteria om die Rhodes-beurs te kan ontvang, moet ʼn individu akademiese prestasie bereik, aktief deelneem en in buitemuurse aktiwiteite uitblink. Hulle moet ook ʼn morele krag van karakter en leierseienskappe hê, asook toegewyd en simpatiek teenoor die medemens wees. 

“Ek wil graag wat ek leer as ʼn katalisator vir meer inklusiewe sosiale verandering daar, en wanneer ek na Suid-Afrika terugkeer, gebruik […] Wat ek deur hierdie werk geleer het, veral deur my kollegas, is die belangrikheid daarvan om ʼn mens se voorregte van opvoeding, intellektuele hulpbronne en finansiële stabiliteit, onder andere, te gebruik om uit te reik: hoe om die platforms wat tot jou beskikking is te gebruik vir sosiale intervensie. Dit is toenemend nodig binne ʼn grootliks ongelyke en onregverdige Suid-Afrika,” sê Rabie. 

Rabie is vol vertroue dat haar tyd by US haar sal help om toekomstige uitdagings te oorkom. 

“Ek is werklik dankbaar vir my dosente en portuurgroep by die skool en Universiteit Stellenbosch wat my aangemoedig het om krities te dink en intellektueel te groei, en ek sal graag hierdie beurs wil gebruik om op hierdie basis te bou, en te leer oor my kapasiteite en energie vir navorsing, sosiale regverdigheidsinisiatiewe en leierskap, en dit dan te bevorder,” sê Rabie. 

Wanneer sy gevra word om raad aan toekomstige beursaansoekers te gee, sê Rabie: “Gaan vir dit! Ongeag die uitkoms, is beursaansoeke ʼn self-refleksieproses wat diep denke oor wat jy van waarde ag, jou ambisies en jou lewenstrajek vereis.”

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial