Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

Deur Karla van der Merwe

Elke jaar op die eerste Vrydag van Augustus sedert 2008 lig bierliefhebbers van omtrent 200 stede regoor die wêreld hulle glase ter viering van hulle ­gunstelingdrankie, volgens die International Beer Day-­webblad. Vanjaar se ­Internasionale Bierdag het op 5 Augustus geval.

Die punt van ­Internasionale Bierdag is drievoudig, meen dié webblad. Eerstens bestaan dit om saam met vriende te kuier en die heerlikheid van bier te geniet. Dit is tweedens ’n geleentheid om die toegewyde mense wat vir bierfliefhebbers bier brou en bedien, te vier. En derdens dien dit as ’n dag om die wêreld te verenig deur biere van alle nasies en kulture op hierdie merkwaardige dag te vier. 

Maties se opinies oor bier strek egter van die een ­uiterste na die ander. Aan die positiewe kant, meen Ernst Jordaan, wat vanjaar sy meestersgraad in elektroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch voltooi, dat bier “maklik is om te drink, dit redelik goedkoop is en dis [lekker om te drink] as dit warm is”. 

Jordaan se gunstelingbier is Black Label en sê dit is die ­lekkerste bier wat hy al geproe het. Hy is van mening dat selfs diegene wat oor bier twyfel daarvan sal hou as hulle dit probeer.

As ’n selfverklaarde semi-­bierdrinker, meen Simoné ­Strümpher, ’n HonsBA ­(Afrikaans en Nederlands)-­student, ook dat bier vir haar lekker is omdat dit, soos koffie, bitter is. 

“Dit is soos koue koffie, [maar] dit maak jou ’n bietjie sluggish,” het sy gesê. “Ek verkies ’n Castle Light. Ek hou ook van Black Label, maar ek hou van Castle Light omdat dit die ‘Light’ gedeelte in het en ek is lightweight.” 

Vir mense wat nog nie bier probeer het nie, maar dalk wil, waarsku Strümpher dat dit waarskynlik vir die eerste nege keer “rêrig rêrig sleg” gaan wees voor hulle dit werklik sal geniet. 

Hoewel Kelly-Robyn Morey, ’n HonsBA (Drama- en ­Teaterstudie)-student, al bier probeer het, hou sy steeds nie daarvan nie. “Ek vind dit bitter en te skuimerig,” het sy verduidelik. “Buiten dit, herinner die nasmaak en reuk daarvan my werklik aan ’n dronk en toksiese oom wat way te naby in jou persoonlike bubble inkom by ’n familiekuier en al wat jy ruik is sy bierasem.”

Selfs al is bier nie vir almal nie, het die Internasionale Bierdag vir diegene wat wel daarvan hou die verskoning gegee om uit te gaan en saam met mede-bieraficionados ’n koue enetjie te ­geniet. 

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial