DIE VUIL PLEK WAAR ONS STUDEER Biblioteke is ‘n teelarde vir bakterieë. Foto: Stellenbosch Universiteit Webtuiste

Goggas in die bib

DOMINIQUE VERSTER

*Vertaal deur Dominique Fuchs

 Patogene in algemene areas soos biblioteke en badkam­ers ontlok gereeld kommer onder die publiek. Dit is veral die geval tydens die eksamenseisoen wanneer honderde Maties in die bib saamdrom en hulle mikrobak­terie-kolonies onder een dak inte­greer.

Die dodelike kombinasie van die swak ondergrondse ventilia­sie, die dig gepakte boeke en die hordes studente wat in die bibli­oteek bymekaarkom gedurende hierdie tydperk is die definisie van ’n patogeniese speelparkie. Volgens ’n reeks studies wat deur Karbowska-Berent et al. in 2011 ge­doen is, is boeke wat styf teen me­kaar gepak word ’n ideale ruimte vir kieme om te floreer. Die sellu­lose in die papier en die proteïene in die stof wat die boeke bind, is die perfekte ruimte vir mikrobak­terieë om te groei en siektes te versprei. Die dig gepakte boeke en die rakke in die biblioteek kan die vloei van lug belemmer. Dit maak dit moontlik vir mikro-organismes om in die lug te sedimenteer en stof te vorm, wat gevolglik aller­gieë kan vererger.

Die swak higiëne in biblioteke word geïllustreer deur die artikel, “Fifty Shades of Grey Goes Viral”, wat in 2013 geskryf is. Dit het be­wys dat biblioteekboeke wat ger­eeld uitgeneem word met die her­pes-virus besmet is. Gelukkig kan studente die aanslag van patogene afweer deur die volgende raad te volg. Was jou hande gereeld ge­durende studiesessies of gebruik handsaniteerders. Volgens Kar­bowska-Berent et al. se studie moet studente dit vermy om hul skryf­behoeftes te kou of hul vingers te lek as hul bladsye omblaai.

Meeste studente blyk om be­kommerd te wees oor die bibli­oteek se toilette en oor die toestand waarin dit agtergelaat word deur ander studente. Volgens ’n studie wat in 2011 onderneem is, behoort die toiletsitplekke van publieke fasiliteite nie studente se grootste bekommernis te wees nie.

 Die studie het bevind dat wan­neer ’n toilet met ’n oop deksel gespoel word, mikrobes in die wa­terspatsels vinnig oor ’n wye area versprei. Dit gekombineer met die feit dat nie alle individue altyd onthou om hul hande te was na ’n uitstappie badkamer toe nie, is ’n groot bron van kommer.

Weens hierdie onhigiëniese praktyke, is deurhandvatsels en krane meer met kieme besmet as toilette. Vermy dit om aan deur­handvatsels en krane te vat deur liewers met jou moue daaraan te raak. Was jou hande en naels deeg­lik vir ten minste 20 sekondes.

Leave a Reply

Your email address will not be published.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram