Die veelsydige Renaldo Schwarp (25) kan deesdae nie misgekyk word nie. As hy nie op die kassie tydens die weeklikse vermaaklikheidsprogram #GONS pronk nie, werk hy as programkoƶrdineerder van Media24 se WeCan24-jeugprogram. Dan is daar ook sy laatnag radioprogram op CapeTalk. Arleen Stone het met hierdie suksesvolle multimedia-joernalis gaan gesels oor sy pad (tot dusver) in die mediabedryf.
Alhoewel hy as Pretorianer grootgeword het, het Renaldo Schwarp sy vlerke gesprei om homself as Kapenaar te kom vestig. Hy het sedertdien reusesukses as ān multimedia-joernalis behaal. Tog was die idee van ān loopbaan in die mediabedryf nooit deel van sy oorspronklike plan nie.Ā Sy boekhouer ma en bankier pa het groot drome vir hulle charismatiese seun gehad in die regswĆŖreld. Hy vertel dat sy vermoĆ« om goed te kan praat en redeneer van kindsbeen af sy sterkpunte was. Gevolglik was die logiese loopbaankeuse om ān prokureur te word.Dit was eers toe Renaldo in graad nege by sy skool se toneelgroep aangesluit het, dat hy besef het regte moet miskien nie sy eerste keuse wees nie.
āEk het toe besef dat ek ān passie vir perform het of stories vertel of op ān verhoog wees,ā vertel Renaldo.
Volgens Renaldo was dit egter ān lang en stelselmatige proses om sy ouers te oortuig om hom toe te laat om drama te studeer. Tog het hulle sy besluit ondersteun en staan hulle vandag nog bankvas agter hom.Ā Renaldo sĆŖ hy verstaan dat ouers huiwerig sal wees oor ān loopbaan soos syne.
āEk dink ook die persepsie van werk in die vermaaklikheidsbedryf of in die media het baie verander die afgelope jare. Ek dink nie dit was ān aantreklike opsie vir baie mense, veral ouers, om hulle kinders daarin te stuur nie. Dit is ān gesukkel en jy is nie verseker van werk nie. Tog kan ān mens ook ān sterk loopbaan bou, geld verdien en jou beroep geniet.ā
Aan die einde van sy hoĆ«rskoolloopbaan het hy volstoom sy droom om ān akteur te word, nagejaag. Na ān suksesvolle oudisie by die Universiteit Stellenbosch se Drama-departement, het Renaldo besluit om sak en pak die Jakarandastad vir die Eikestad te verruil.Ā Een van die bepalende faktore wat hom Stellenbosch toe getrek het, was dat hy graag in Afrikaans wou studeer.
āDis vir my baie interessant nou, want in matriek was ek baie bang om Engels te praat. Nie dat ek nie Engels kon praat nie. Ek werk nou op radio in Engels, maar ek was net baie meer gemaklik in Afrikaans. Ek is nie spyt oor daardie besluit nie. Ek dink dit het my regtig gehelp in die feit dat ek nou video- en televisiewerk in Afrikaans doen.ā
Renaldo vertel laggend dat hy van ān loopbaan as akteur oortuig was.Ā āEk het absoluut gedink ek gaan op 7de Laan opeindig. Dit was die rede hoekom ek drama kom swot het. Ek het gedink ek gaan drie jaar voorgraads doen en ek gaan uitstap met ān rol.ā
In die middel van sy tweede studiejaar het hy by Matieland se MFM92.6 aangesluit en sy oƫ het vir die veelsydige aard van die mediabedryf oopgegaan.
āEk het in my derde jaar van drama besluit om nie enige teatervakke as spesialiteitsvak te kies nie, maar eerder media. Ek het myself eintlik in die middel van my studies voorberei om nie ān akteur te word nie, maar om eerder ān loopbaan in die media te volg.ā
Hy verduidelik dat hierdie keuse ān deurslaggewende rol gespeel het en hom aan verskeie behind the scenes aspekte van die vermaaklikheidsindustrie blootgestel het.Ā Op daardie stadium het hy ook van 03:00 tot 06:00 as radioaanbieder by MFM92.6 gewerk.
āEk dink hoekom ek so baie van aanbieding, radio- en televisiewerk hou, het baie te make met my vyf jaar op Stellenbosch. Ek het regtig myself leer ken en met myself gemaklik geraak. As ān aanbieder is jy jouself.Eintlik ān vergrootte weergawe van jouself. Ek beskou my persoonlikheid as een van my grootste sterkpunte. Ek dink daarom is dit belangrik dat elke persoon op ān stadium kom waar hulle hou van wie hulle is en wie hulle wil word. Aanbiedingswerk het daardie opsie vir my gegee. Dit sou nie noodwendig dieselfde gewees het as ek ān akteur was nie, want ek sou ander karakters speel en ander mense se stories vertel. Ek dink dit is baie meer vervullend om met my vaardighede ander mense se stories te kan uitlig. Dis nie noodwendig ek wat dit in die eerstepersoon vertel nie, maar ek gesels liewers met hulle of ek gee vir hulle die platform,ā vertel Renaldo. Hy vertel ook graag van die goeie herinneringe van sy tyd by MFM92.6.
“Ek dink dit was een van die beste goed wat met my kon gebeur het. In die vyf jaar wat ek by MFM92.6 was, het ek goeie verhoudings gebou en dis die ding waarmee ek weggestap het daar waaroor ek die trotse is. Dis ān wonderlike geleentheid om netwerke op te bou, beide persoonlik en professioneel.ā
Ter voorbereiding vir sy medialoopbaan vertel Renaldo hoe belangrik dit is om altyd die ekstra tree te gee.
āEk was op verskillende komitees by MFM92.6 en mense het altyd vir my gevra hoekom ek MFM92.6 se bemarkingskoƶrdineerder is, hoekom ek besig is om websites te update en banners op te hang. Ek dink as jy jouself so posisioneer om al daardie goed te kan doen, gee dit vir jou ān voorsprong wanneer jy die arbeidsmark betree.”
Dit is dan ook sy werk as bemarkingskoƶrdineerder wat uiteindelik tot sy betrokkenheid by Netwerk24 in 2015 as ān multimediajoernalis en tans by die nuusprogram #GONS op Via gelei het. Aan die einde van sy tydperk as intern by Netwerk24 het ān ander afdeling by die mediahuis, Media24, hom opgeraap.
āEk het klaargemaak en nie geweet wat ek vir die res van 2016 sou doen nie. Toe stuur een van die bestuurders in die korporatiewe kantore vir my ān e-pos en sĆŖ sy wil my sien. Sy bied toe vir my ān werk aan en dit was met WeCan24, Media24 se jeugplatform. Ek dink dis waar alles saamgekom het in die afgelope jaar en ān half. As projekbestuurder het ek die vryheid gehad om met veldtogte en idees vorendag te kom en dit te laat realiseer.ā
Fotoās van Renaldo verskyn ook gereeld op die massiewe digitale skerm teen een van Media24 se mure. Hy vertel met hoendervleis oor die eerste keer wat hy homself op die skerm gesien het.
āDit is een van daai groot oomblikke wat ek altyd sal cherish. Dit is baie vreemd om jou gesig so groot te sien, maar ek dink sulke goed motiveer ān mens om aan te hou. Ek sal myself nog graag as ān prominente media-persoonlikheid vestig en nie net voor die kamera en op die lug betrokke wees nie, maar baie meer in ān vervaardigersposisie.ā
Renaldo vertel dat hy sy droom om eendag ān produksiehuis te besit, egter nie deel van sy korttermyn planne is nie.
āVir nou is dit ān geval van groei met wat ek het. Ek het nou die platform op ān kommersiĆ«le radiostasie en op ān televisieprogram. Ek wil daarop fokus om dit te laat groei en ek wil ook nie ophou met online content creation nie. Dis waar alles vir my begin het en ek wil dit nie vergeet nie, want as mens kyk na die neigings in die media, word dit meer digitaal. Ek dink ook dit is iets wat ek vir mense sal sĆŖ indien hulle dit oorweeg om in media in te gaan. Moenie die rol van digitale of aanlynmedia vergeet nie. ān Mens kan regtig ān fantastiese virtuele CV opbou of wonderlike werk skep indien daar nie reeds ān platform vir jou bestaan nie.ā
Renaldo probeer verder jong joernaliste motiveer om nie afgeskrik te word deur die veeleisende industrie en klaarblyklik krimpende werksmark nie.
āHoe ons na media kyk, het definitief verander. Ek dink net die tipe werk wat ān joernalis moet doen, gaan anders lyk. Dis hoekom die WeCan-veldtog so belangrik is, want dit is ān digitale platform. Die feit dat joernaliste hulself moet upskill om digitale inhoud te kan skep, is regtig belangrik en dit is wat ek poog om te doen. Daar is regtig eindelose moontlikhede. ān Mens moet net kyk na watter vaardighede jy het en wat jy kan doen om iets nuuts vorendag te bring.ā
Hieruit is dit ook te sien dat Renaldo die rol van media in die samelewing hoog ag.
āEk dink baie mense dink die industrie is net glitz en glam en blou of rooi tapyte, maar as mens regtig kyk na die rol van media, is dit ons werk om ān platform vir mense te wees. Dis maklik om weg te raak in al die lekker goed. Hopelik kan ons mense hierdeur help.ā
Renaldo vertel laastens laggend hoe hy wil hĆŖ dat mense sy werk in die media sal onthou.
āEk dink wat ek wil hĆŖ wat mense van my moet sĆŖ en dink, is die feit dat ek nooit bang was vir ān uitdaging nie. Ek was ook nie bang om te misluk nie. Die samelewing sĆŖ maklik vir ons dat ons iets nie gaan regkry nie en ek dink dis hoekom so baie mense nie bereik wat hulle regtig wou nie. Ek dink ons het hierdie idee geskep dat as ons misluk, dit die einde van die wĆŖreld is. Dis deel van die lewe.ā
Fotoās: Verskaf



