About & Contact (Afrikaans)

Die Matie is die amptelike studentekoerant van die Universiteit Stellenbosch sedert 1 Augustus 1941.

Die Matie onderskryf die Suid-Afrikaanse Perskode, en die redaksie is verbind tot joernalistiek wat eerlik, gebalanseerd, eties en onafhanklik is.

Afgesien van ’n paar spesiale gedrukte uitgawes elke jaar, byvoorbeeld die Verwelkomingsuitgawe in Februarie (waarvan 5 000 eksemplare versprei is), is Die Matie se inhoud aanlyn beskikbaar by diematie.com, sowel as op Facebook en Instagram.

Die redaksionele inhoud sluit afdelings oor nuus, studentelewe, aktuele sake, kuns en vermaak, en sport in.

Die Matie se volledige produksieproses – van fotografie, die skryf van artikels en nuusberigte, redigering, bladuitleg, verspreiding, aanlyn publisering, bemarking, en die bestuur van sosiale media-platforms – word deur die redaksie hanteer – almal studente aan die Universiteit Stellenbosch.

Die Matie se kantoor is geleë op die derde verdieping van die Neelsie Studentesentrum in De Beerstraat, Stellenbosch.

Vir meer inligting, algemene navrae of om te adverteer, stuur asseblief e-pos na diematie75@gmail.com of diematie@sun.ac.za