Latest Post

Celebrating International Pi Day with the Faculty of Education Darkfest 2026  Giving back is our jam When distant wars reach campus: how the Iranian war is closer than you think
Deur Jana Burger

“Op die ou einde van die dag is ons almal aliens.”

“Effens tipsy maar ek’t nog nooit so lekker gelag nie!!”

“Phenomenal work from everyone involved! Riveting work and fantastic acting!” 

“You freaky bastards! Vreemd, fantasties en befok.”

“Spectacular! Funny and exceptionally sad… great lighting!” 

Henrice Muller as Leo in F*k my in jou spaceship. Foto: Nardus Engelbrecht

Die bogenoemde is net ’n paar van die gehoorlede se gedagtes wat teen die muur van die Adam Small gebou geplak is, in verband met die Universiteit Stellenbosch se Drama Departement se produksie van F*k my in jou spaceship. Regisseur André Gerber se vertaling van Louis Emmitt-Stern se bekende drama is vanaf 28 Februarie tot 7 Maart op die planke gebring. 

Die drama volg twee paartjies, Leo (Jean Retief) en Dan (Henrico Muller), en Anna (Lea Steenkamp) en Emily (Joanie Taljaard), wat met verskillende kwessies in hul verhoudings worstel. Leo en Dan wil hulle liefdeslewe opkikker, terwyl Anna en Emliy graag ’n kind wil hê. Die krake in hul verhoudings word verder deur twee vreemdelinge / metaforiese aliens, Al (Mateo Komlosy) en Robert (Enzo Cocciante) manipuleer en ontbloot. 

Die intrige handel oor hoe belangrik kommunikasie in verhoudings is, maar bedek dit onder genoeg humor om die gehoor te laat rol van die lag. Die geselskap het hulself baie goed van hul taak gekwyt om die balans van die lighartige oomblikke en die emosioneel belaaide gesprekke tussen die paartjies te handhaaf. 

Joanie Taljaard (Emily) en Enzo Cocciante (Robert). Foto: Nardus Engelbrecht.

Met ’n minimalistiese verhooguitleg en kreatiewe beligting, was die karakters se konflik behoorlik ontbloot. Die beste deel van die vertoning was toe beide paartjies die verhoog vir die eerste keer saam betree, uiters emosioneel en verwoes. Die spreukbeurte wat deur mekaar vloei, skep ’n tipe chaos waar elke karakter gehoor wil word.

Die Matie het tydens ’n onderhoud met die geselskap meer oor hul perspektief van die drama geleer. Cocciante het verduidelik hoe Gerber in kontak was met Emmitt-Stern om die dramateks in Afrikaans te vertaal, en dat die finale produk taamlik dieselfde aan die oorspronklike is omdat so baie van die storie en konneksies tussen die karakters in die neweteks plaasvind.

Die geselskap van F*k my in jou spaceship. Foto: Nardus Engelbrecht.

In terme van die proses om die verhoog op die planke te bring, kon die akteurs werklik rondspeel met die teks. 

Taljaard verduidelik ook hoe die teks “so baie vir die actor spasie gee om te eksperimenteer”.

Retief voeg by dat die teks hulle toegelaat het om mekaar te kon veras en om die teks elke keer weer opnuut te verken. Hy sê dat dit pret was om alles vars te probeer hou. 

Cocciante som die drama se boodskap oor die ingewikkelde dinamika van verhoudinge goed op. Hy sê: “Ek dink hierdie drama doen dit baie goed. Dis morally ambiguousen genuanseerd. In die regte lewe is dit moeilik om vingers na een persoon te wys.” 

Joanie Taljaard (Emily) en Lea Steenkamp (Anna). Foto: Nardus Engelbrecht.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.