Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

DEUR DANIELLE JOUBERT

Een van Stellenbosch se geliefde restaurante, De Stomme Jonge, het Maandag 27 September hulle deure heropen, regoorkant hulle ou blyplek, by Ryneveldstraat 3. 

De Stomme Jonge moes dringend verhuis nadat hulle nie hulle huurkontrak kon hernu nie. Volgens Nelius Kruger, eienaar van De Stomme Jonge, wou die eienaar van die vorige perseel die gebou tot sy “vorige eer herstel”, en wou dus nie ’n kroeg of ’n restaurant in die gebou hê nie.

Kruger verklap dat hulle egter baie opgewonde is oor die nuwe plek. “Ons het nou meer as genoeg spasie vir live music en kon ’n stunning tuinarea byvoeg.” Met opgewondenheid het hulle geliefde, gereelde kliënte hulle oor die pad gevolg. 

GESELLIG – ’n Kykie na De Stomme Jonge se nuwe tuinarea. Foto: Danielle Joubert.

“Die nuwe perseel is great!” Só meen Petrus Claasen, ’n eerstejaar-BCom (Bestuurswetenskappe)-student. “Dis ’n ongelooflike gesellige restaurant en ek sien uit vir die live music wat kom!” 

Wat die warm, persoonlike restaurant so uniek maak is dat hulle alles op roosterkoeke bedien wat daagliks vars en tuis gemaak word. Een van hulle mees gesogte geregte is die “Jacob Zuma” wat op hulle menu beskryf word as “sag gemoerde beesvleis wat neergelê word op romerige mayonnaise, agurtjie en Cheddar, bedek met gesmoerde tamaties”. Dit kan ook addisioneel met ’n Gupta Garnish bedien word en is beslis iets wat elke plaaslike inwoner kan oorweeg vir hulle volgende bestelling. 

Mariska du Plessis, ‘n eerstejaar-BSc (Wiskundige Wetekenskappe)-student, sê sy kan nie wag om die nuwe plekkie te gaan besoek nie. “Ek is mal oor roosterkoek, en De Stomme Jonge is baie na aan my hart, omdat dit soos ’n stukkie huis voel!” 

De Stomme Jonge het dalk ’n nuwe blyplek, maar die geliefde geselskap en geselligheid is onveranderd.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial