DIE VERSTEEKTE JUWEEL In die Neelsie is ‘n weggesteekte klein winkeltjie wat jou drome sal bewaarheid. Foto: James Smith

As dit broekskeur gaan

DEUR MARYNA ADSHADE

 ’n NUWE lid, Custom Alterations, het onlangs by die Neelsie-fami­lie aangesluit. Hierdie versteekte juweel kan op die onderste vloer van die Neelsie, om die draai langs Hutmakers, gevind word.

Dit is nie moeilik om te sien hoekom so min mense van hierdie winkel weet nie. Custom Altera­tions is behoorlik weggesteek en meeste studente sal met die eerste oogopslag maklik verby die winkel loop. Dié van ons wat nie 20/20-vi­sie het nie of sommer net onoplet­tend is, sal dit ook maklik miskyk, maar vir die wat die kans waag om in te loer, wag daar ’n aangename verrassing. Agter die toonbank sal die eienaar van die winkel, Arshad Muhammad, jou met ’n vriende­like glimlag groet.

Volgens Muhammad is dit maklik om die winkel mis te kyk en daarom is dit geen verrassing dat min mense al ’n draai kom maak het nie.

“Dit was eers iemand anders se besigheid. Ek het dit eers verlede week oorgekoop by die vorige eie­naar en juis daarom is die winkel nog nie lank hier nie,” sê Muham­mad. Muhammad verduidelik dat hy veranderinge aan klere kan aanbring, soos om some korter of langer te maak.

Sy vaardighede is egter nie beperk tot net veranderinge aanbring nie. Hy kan ook rokke maak. Hy sê dat dit moeilik is om voorbeelde van pryse vir sy dienste te gee, aangesien die prys afhang van presies wat alles gedoen word. Gereelde Neelsie-besoekers moet dus nie net verby Custom Alterations loop nie, maar kan ’n draai kom maak. Kledingstukke wat ’n rapsie te groot is of somerklere wat net-net te klein is, as gevolg van die wintervetjies, is nie meer ’n probleem nie.

Dié winkel is die ideale plek om daardie lastighede na te neem en sal verseker dat jou gunstelingde-nim weer perfek sit.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram