Maties se eie mej. SA


AMBER PAYNTER

Vanaf Stellenbosch se strate tot die glansryke skoonheidskompetisie-leefstyl, is Eloïse van der Westhuizen se kinderdrome om aan mej. Suid-Afrika (SA) deel te neem, verwesenlik. As ’n oud-Matie, is Van der Westhuizen bekend met die studentelewe, na sy in 2016 haar Honneurs BCom in Logistiek aan die US verwerf het. Daarna het sy vir Pep as ’n handelsbeplanner begin werk.

Alhoewel die skoonheidskompetisie baie ver van haar loopbaan in kleinhandel verwyderd is, het Van der Westhuizen genoop gevoel om vir mej. SA in te skryf en het sy, saam met 1800 ander vroue die aanlyninskrywing vol- tooi. “Dit was ’n rollercoaster, maarelke minuut was dit werd,” het Van der Westhuizen oor die aansoekproses gesê. “Om die meisies te ontmoet [was tot dusver my gunsteling deel].

Ons is waarlik nou ’n susterskap,” sê Van der Westhuizen.“Terwyl dit ’n susterskap is, is jy hier om te wen, maar die mees belangrike ding is dat jy op joupersoonlike groei fokus.” Van der Westhuizen deel wat haar grootste les tot dusver was: Om met moeilike kritici te deel, veral op sosiale media. “Ek het geleer om nie almal se opinie ernstig op te neem nie, maar om eerderte identifiseer met die mense wat [positiewe dinge] in my lewe in spreek, asook om getrou aan my-self te bly.”

Selfs met die vinnige skoonheidskompetisie-leefstyl, kry Van der Westhuizen dit reg om haarself in haar geloof te anker en herinner haarself dat sy in die Top 16 is om te dien. “Deur op God se liefde te fokus en om te onthou dat ek hier is om ’n impak op ander meisies te maak, word ek herinner dat dit nie net oor die kroon en die glitz en die glamour gaan nie,” het Van der Westhuizen gesê.

Haar laaste raad aan diegene wat ook daaraan dink om vir Mej. SA in te skryf, is om dit eenvoudig net te doen. “Die toekoms is joune om te skep, maar niks gaan gebeur as jy vir alles wag om in jou skoot te val nie,” vertel Van der Westhuizen.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram