Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

FERN BAMBER & SAVANNAH BACON

ALMAL weet dat klein hondjies bo enige iets anders net ‘n bietjie liefde wil hê, en ons het defini-tief genoeg liefde om uit te deel. Wat nie so baie mense weet nie, is dat minder as 3,6 kilometer weg, onder die sorg van die Stellenbosse Diere Welsynsorganisasie (AWSS), daar ‘n oorvloed brakkies is wat dringend nood het aan huise.

As studente kan ons nie altyd die lewensveranderende besluit maak om ‘n hondjie aan te neem nie, maar ons kan steeds hul le-wens verander deur ‘n pleegouer te word. Iets wat net so verrykend en ‘n wedersydse vreugdevolle reëling kan wees.

Volgens Jessica Perrins, hoof van fondsinsameling en kommunikasie by AWSS, is pleegsorg van kardinale belang, siende dat “baie van die hondjies aan wanvoeding ly as hulle daar aankom, en vir virusse, soos parvo wat dodelik kan wees, vatbaar is. Dus deur hulle uit hul omgewing te verwyder, het hulle ‘n beter kans op oorlewing”.

Daar is meer as genoeg hondjies vir almal. Gewoonlik sal pleegouers net een hondjie op ‘n slag kry, behalwe as hulle al vorige ondervinding het. AWSS waarsku wel vooraf vir studente om nie gedurende ek-samens ‘n pleegouer te word nie omdat mens nie dan veel slaap nie,” sê Jessica.

“Maar,” hou sy vol, “dit is on-gelooflik lonend en die bietjie wat jy doen, gaan baie ver. “Die pleegouers is vir ons soos engele omdat hulle partykeer die verskil is tussen ‘n hondjie wat oorleef of nie.”

Selfs net ‘n kort tydjie wat ie-mand met ‘n hondjie spandeer, leer die hondjie hoe om reg met ie-mand te sosialiseer, wat daartoe lei dat die hondjie oor die langtermyn meer geneig sal wees om aangeneem te word.

Dit moet in ag geneem word dat nie net sommer enige iemand ‘n pleegouer kan wees nie. Om te kan pleeg moet daar ter alle tye van die dag iemand by die huis wees, wat beteken dat dit verkieslik is dat mense wat saam in ‘n huis of woonstel bly, plee-gouers word.

Jy sal ‘n pleeg-aansoekvorm moet invul en seker maak dat jou eiendom veilig is en dat niks die hondjie in gevaar sal kan stel nie. Voornemende pleegouers se name word op die pleegouer-da-tabasis gelaai en hulle word dan gekontak.

Al wat pleegouers na die tafel hoef te bring is tyd, moeite en ‘n bietjie liefde en omgee, alles in ‘n veilige omgewing. AWSS voorsien “komberse, melkpoeier, bottels, vaste kos as dit nodig is, sagte kos, veearts be-handeling, as dit ook nodig sou wees, en inentings tot die hondjies agt weke oud is”.

Afhangend van hul ouderdom, sal elke hondjie ander behoeftes hê en pleegouers sal presies aangesê word oor hoe om vir die nuwe gesinslede te sorg. As jy nie ‘n pleegouer kan wees nie, maar steeds wil help, kan jy bydra in die vorm van skenkings van kos, komberse en speelgoed. Mense kan ook self in baie verskil-lende maniere by die skuiling gaan help, soos om ‘n professionele knuffelaar te wees!

Die “Paw Parade” wat komende Sondag by AWSS van 09:00 tot 11:00 gehou word, is ‘n uitstekende geleentheid om met die diere gaste te gaan sosialiseer.

Ingang is R30 en dan sal jy die kans kry om bietjie met die hondjies te stap en vir hulle al die aandag en liefde te gee wat hulle verdien. Kontak AWSS by 021 883 9129 vir verdere navrae.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial