Latest Post

Residence Rundown The Apple of their heroes’ eyes: An album review Reforest Fest: A fezzie for the trees The Fallen Boer

CARLA VISAGIE

DIE Universiteit Stellenbosch (US) Botaniese Tuin het op 8 April aangekondig dat ’n kewer wat groot skade aan Stellenbosch se eikebome kan aanrig onlangs in Somerset-Wes gevind is.

Die stompneuskew-er of polifaag-skietgatboorder, in Engels die polyphagous shot hole borer (PSHB), is ’n indringerspesie wat ongeveer 3 mm lank is en oorspronklik uit Suidoos-Asië kom. Die kewer boor tonnels diep binne-in ’n boom se stam en versprei ’n swam (Fusarium euwallaceae) in die vaatstelsel.

Dit veroorsaak dat water en min-erale nie in die boom vervoer kan word nie. Uiteindelik “versmoor” die boom en sterf. Die kewer is in 2017 in Suid-Afrika deur die instituut vir bosbou-en landboubiotegnologie (FABI) in KwaZulu-Natal ontdek en is reeds in elke provinsie in Suid-Afrika gevind, met uitsondering van Limpopo.

Volgens FABI se webblad het die kewer nie in sy inheemse omgewing skade aangerig nie, aangesien die bome daar evolueer het om weerstand op te bou teen die kewer en swam, maar bome in Suid-Afrika het nie hierdie weerstand nie. Stellenbosch se bome is dus in gevaar.

“Met die groot impak van diesiekte op eikebome in veral George en Knysna, is dit onvermydelik dat die bekende eike van Stellenbosch en die omliggende wynplase dramatiek geraak Sal word,” beweer die webblad.

Volgens Elmar van Rooyen, ’n MSc-student in bewaringsekologie wat navorsing oor die stomp neuskewer doen, is die kewer “een van die suksesvolste indringerspesies wat bestaan”, maar hoewel dit verwoestende gevolge kan hê, meen Van Rooyen Stellenbosch het ’n voordeel aangesien die gemeenskap al meer verstaan van die impak wat die kewer kan hê.

“In George is daar baie straat-bome en tuinbome wat heeltemal doodgegaan het en in sommige mense se erwe is al hul bome vol van die kewers. “Daar is ’n groot kans dat dit in Stellenbosch ook kan gebeur, maar die Kaap is gereed vir die kewer, terwyl mense in George ongelukkig nie besef het wat die impak van die kewer is nie en dit het toe vinnig versprei,” het Van Rooyen gesê.

Volgens Van Rooyen is die redevir die kewer se koms na Somerset-Wes onder meer as gevolg van braaihout, so “mense in Stellenbosch en in die Kaap [moet] seker maak dat hulle nie hout of braaihout van geaffekteerde areas vervoer nie” en dit is ook “waarskynlik die rede waarom dit [die kewers] na Stellenbosch kan ver- sprei.

Van Rooyen sê verder dat daar nie op die oomblik ’n gifstof teen die kewer is nie. “Die koste betrokke om ’n boom te spuit met gifstof is ontsettend duur en daar is ’n groot kans dat dit nie effektief gaan wees nie.

Die kewer se voortplanting vind plaas in tonnels diep in die boom, so gifstowwe kan nie effektief die kewer doodmaak nie. “Die beste manier om die verspreiding van die swam te voorkom, is om die boom af te kap. Hout moet dan verbrand en opgesny word, wat beteken dat bome in elk geval doodgaan,” het Van Rooyen gesê.

Albert van der Merwe, seniorbestuurder: gemeenskapsdienste van Stellenbosch-munisipaliteit, beaam dat daar geen effektiewe gifstof bestaan nie. “Daar is ongelukkig niks wat ons kan doen om enige verspreiding te voorkom nie.

“Stellenbosch se bome wordtans deur prof. Francois Roets [verbonde aan die departement bewaringsekologie en entomologie] van die US, sowel as ons eie mense, gemonitor,” het Van der Merwe gesê.

In reaksie tot die gevaar wat diekewer vir Stellenbosch kan inhou het Stellenbosch Munisipaliteit ’n gebeurlikheidsplan vir inwoners saamgestel wat onder meer simptome van besmette bome lys: “verlepte of dooie blare, dooie takke, fusarium-skimmel, klein gaatjies in die stam wat wit kringe rondom het, saagsels, gom wat uit die gate in die bome loop en ligte kolle opdie bas”.

Mense wat vermoed dat hul bome besmet is, moet dadelik die munisipaliteit kontak en nie enige gifstowwe behandel nie.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial