Hoe om predikaatskok te oorwin


NICOLE NASSON

Hoërskool was ’n vulletjie. Agt salige ure van non-stopkonsentrasie elke dag, vyf dae ’n week.

Daai was die dae toe jy skaars ooit moes deurnag en voor jy ’n kafeïen-verslaafde was. Nou is negeuur klasse gans te vroeg en kan jy skaars wakker bly in jou eenuur klasse. En voor jy weet, is pred-punte uit…

Daar is niks wat jou vinni- ger terug aarde toe bring as jou pred-punte nie, veral in eerste jaar. Dit is vir almal amper deel van ’n inisiasie om teleurgesteld te wees.

Party sweef terwyl ander teespoed het. Vir die van julle wat skat dat hulle eerste semester nie soveel vrugte afgewerp het sooshulle gehoop het nie, is hier nou ’n vier-stap gids om jou ontmoeting met die aarde ’n bietjie meer gemaklik te maak en die herstelproses te begin:

Hê jou ineenstorting

Oukei, so jy het jou pred-punte terug en dit is glad nie wat jy verwaghet nie. Jy mag ’n bietjie uitfreak.

Kry vir jouself ’n terapeutieseuitlaatklep om jou te help om vrede te maak met jou akademiese terugslag. Huil, skree of word jou innerlike Bella toe Edward haar gelos het.

Doen wat ook al nodig is om van al die frustrasie ontslae te raak. Goeie idees om van al dié stres ontslae te raak kan enige ietsvan ’n stappie deur die botaniese tuine wees, tot ’n gim-sessie, of selfs terapie.

Of dit nou PET-terapie is, of by die Sentrum vir Studentevoorligting en ontwikkeling is. Dan is dit tyd om aan te beweeg na die volgende stap.

Kwartaal een is ’n toetslopie

Ná jou pity party moet jy jou brein weer aan die werk kry. Dink aandie eerste kwartaal as ’n proeftyd- perk waarvoor jy nie hoef te betaal het nie, maar hulle soek nou jou bankbesonderhede.

Nou moet jy ’n speelplan vir dieres van die semester uitdink. Ana- liseer wat jou beste studiemetodes is, wanneer jy lekker leer en waar jy onderbreking-vry kan werk. Wanneer jy dít alles eers weet, kan jy rondom dit begin beplan.

Jy sal baie beter voel as jy eers’n strategie het. As jy reeds ’n planvoor die toets-seisoen gehad het, maar jy sien dat dit nie gewerk het nie, sit jy waarskynlik met die ver- keerde een.

Gaan praat met jou dosent en/ of tutors om ekstra hulp te kry. Bespreek jou probleme met hulle, hulle is meer werd as wat jy besef!

Wees jou eie grootste fan

Wanneer jy val, is die eerste ding wat jy moet doen om met jouself te praat. Hierdie gesprek is baie belangrik omdat jy jou volgende besluit daarop baseer: of jy op die grond bly en of jy gaan opstaan. Met hierdie geselsie moet jy jouself probeer motiveer, selfs al bedoel jy dit nie.

Fluister soet woorde van aan- sporing vir jouself. Sê vir jouself jy kan dit doen.

Herken jou eie vermoëns

Wees jou eie cheerleader. Jy is jou grootste vyand, maar terselfdertyd ook jou grootste aanhanger.

Dus, wanneer jy net ’n tree weg-gee vir perspektief, moet jy kan sien dat jy jou eie kant gekies het.

Probeer ook dalk om motive- rende post-it notas oral op te plak om heeltyd herinner te word aan dit wat jy self moet hoor.

Werk en speel

Net werk en geen speel, sorg vir’n vaal Matie-student. Moeniedaai persoon wees wat net heeltyd werk en nooit tyd neem om te ont- span nie. Party studente oorskat hoe moeilik universiteit is en be-plan dan hul lewens tot so ’n matedat hulle hulself van die res van die wêreld afsonder.

As jy skuldig is aan té hard leer, is die antwoord dalk bloot net om’n breuk te neem.

Pulp–flieks

Gaan Pulp toe en kyk ’n fliek, of sluit by ’n vereniging aan wat jouaandag trek. Doen iets anders bui- ten net werk om jou stres uit te ba- lanseer, en laat jou brein rus.

Om jouself te oorwerk kan tot’n burnout lei, so dit is vir jou eie gesondheid dat jy ruskanse in jou skedule inwerk.

As jy nie kans sien om iets te doen wat niks met jou studie uit te waai het nie, sluit aan of begin jou eie studie-groep, sodat jy ten min- ste geselskap het.

Aan die anderkant van die spektrum weer, as jy té hard kuieris dit tien teen een ’n goeie idee omelke nou en dan jouself voor die boeke in te skuif en te begin leer.

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram