Visuele kuns is koning

KOP IN EEN MUS Alessandro Pappada se Koppesneller.

 

CATHARINA VAN DER MESCHT & SZ MINNAAR


Woordfees se visuele kunsprogram beloof om vanjaar ʼn wêreld vol wonder te wees. Die feeskurator is Theo Kleynhans en die feeskunstenaars is Penny George en Selvin November. Goerge se uitstalling, Tergeo, is gefokus op die rol van vrouwees in die gemeenskap terwyl November se uitstalling, Young, free and single, die binêre idee van vryheid en slawerny verken.

Verder is daar uitstallings van elke kleur en geur.

Anders as vorige jare word die Sasol-kunsmuseum nie vanjaar gebruik vir die visuele kunsprogram nie.

Uitstallings sal vanjaar in die Konservatorium, JH Neethling- gebou, Visuele Kunste-gebou sowel as die Ou Konservatorium te sien wees. Toegang is gratis.

Foto: Verskaf

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram