Annerine Snyman

Sewe Matie-netbalspelers sal vanjaar die geleentheid kry om tydens die Brutal Fruit Netbal Premierliga (BFNPL) te wys wat in hulle steek.

Die toernooi, wat oor ses weke strek en regoor Suid-Afrika gespeel word, het die afgelope naweek in Johannesburg begin. Die Wes-Kaapse span, Southern Stings, het Saterdag teen die North
West Flames te staan gekom. Die Stings het oortuigend met 55–37 gewen.

Die Stings het Sondag egter les teen die Jaguars van Pretoria opgesê met ’n eindtelling van 51–43. Hulle lê tans vyfde op die punteleer. Die komende naweek sal ’n bedrywige een vir die Stings wees. Hulle speel Vrydag teen die Sunbirds, Saterdag teen die Aloes en Sondag teen die Fireballs.

Abeline Olivier, onderkaptein van die span, speel al vir drie jaar vir die Stings en volgens haar doen die span alles wat hulle kan om te wen. “Ons doelwit is definitief om die goud te wen,” het Olivier verduidelik. “Wat ons span van ander spanne onderskei is dat ons mekaar op en vanaf die baan ondersteun.”

 

Foto’s: Tivan Leak