De Villiers praat oor omstrede US-geskiedenis

Ingrid Heÿdenrÿch

Prof. Wim de Villiers, rektor en vise-kanselier van die Universiteit Stellenbosch (US), het erkenning gegee aan die US se rol in Apartheid by die US se eeufeesherdinkingsdinee wat op 23 Maart plaasgevind het.

Hy het gesê dat dit belangrik is om te erken wat die US in die verlede gedoen het, maar dat daar ook onthou moet word dat daar mense binne die Universiteit was wat nie stilgebly het oor die onreg rondom hulle nie. Hy het Frederik van Zyl Slabbert as ’n voorbeeld genoem. De Villiers het ook gesê dat die US nie anti-Afrikaans is nie.  Hy het beklemtoon dat daar ’n balans tussen tale gevind moet word.

“Sommige mense voel dat hulle nie volle toegang tot leer het nie en ander voel dat hulle kultuur weggeneem word,” het hy gesê.

Die eeufeesherdenkingsdinee het plaasgevind by Paul Roos Gimnasium, wat saam met Victoria Kollege wat later die US geword het, albei oorsprong in die Stellenbosch Gimnasium het.

Universiteitstatus is in 1918 verkry toe Victoria Kollege die Universiteit Stellenbosch geword het Ander sprekers by die geleentheid het Helen Zille, die premier van die Wes-Kaap ingesluit. Sy het die US se status in Suid-Afrika vergelyk met Stanford-universiteit se status in Amerika.

Adv. Gesie van Deventer, die burgermeester van Stellenbosch, het ook ’n huldeblyk aan die SU gegee. Sy het gesê dat die US ’n integrale van Stellenbosch se ekonomie is.

Van die gaste het ingesluit Thuli Madonsela, voormalige openbare beskermer van Suid-Afrika en die hoof van sosiale geregtigheid by die US se regsfakulteit, asook persone wat eredoktorsgrade
ontvang het by hierdie jaar se gradeplegtigheid. Margaret Gardiner, voormalige Mejuffrou Heelal, het ook bygewoon, aangesien haar man een van die ere-doktorsgrade ontvang het.

Foto: Verskaf

Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial
Facebook
Twitter
Instagram