SR hoop op groot sports

Annerine Snyman

Die studenteraad (SR) gaan poog om binnekort sy laaste vakante bestuursposisie te vul.

Die SR het verlede week e-posse uitgestuur om studente aan te moedig om vir die sportsbestuurder-posisie aansoek te doen.

Die e-pos was kort, tot die punt en het ’n aansoekvorm aangeheg gehad, in ’n poging om studente se e-posbusse minder te spam.

Deur middel van verdere navraag het die SR gesê die posisie was eenvoudig nie gevul tydens die bestuursposisie-aanstellings nie, omdat die paneel (bestaande uit selfgenomineerde SR-lede) nie ’n bekwame persoon vir die posisie kon vind nie.

Hulle is egter hoopvol dat die posisie binnekort deur die regte persoon gevul sal word, aangesien hulle weereens alle studente van die vakante posisie ingelig het en reeds menigte belowende aansoeke ontvang het. Dit sluit byvoorbeeld voormalige HK’s van sport in.

Aansoeke vir hierdie posisie het gister gesluit.

Maties Rugby aiming high

Dané Dooge

Three Maties Rugby Club players have been chosen to form part of the SA Rugby u20 Academy at the Stellenbosch Academy of Sport (SAS).

The players, from left, Sazi Sandi, Schalk Erasmus and Muller Uys have been chosen to join the team. “It’s a huge privilege to be a part of this group,” said Uys about his inclusion.

Director of Maties Sport, Ilhaam Groenewald, opened the ceremony on 2 February. The u20 team has still to be finalized. Once finalized the SA Rugby u20 Academy will choose 32 players to represent them at the Junior World Cup to be held in France later this year.

Last year SA finished third in the u20 World Cup competition.

The last, and only time, SA won this competition was in 2012 when they broke New Zealand’s four year
winning streak. It was also hosted by SA in that year.

Statebondspele 2018: Maties net waar jy kyk

Lian van Wyk

Die Statebondspele gaan vanjaar ’n maroen skynsel hê met al die Maties wat daar gaan deelneem. Suid-Afrika se span sal vanjaar ’n allemintige sewe Matie-atlete insluit.

Die span is in Januarie deur die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese komitee (Saskok) aangekondig.

Die volgende lede van Maties se verskeie sportklubs verskyn op die spanlys: Emma Chelius en Christian Sadie (Maties Swem), Keenan Horne en Daniel Bell (Maties Hokkie) en Charl du Toit, Dyan Buis en Reinhardt Hamman (Maties ParaSport).

Verskeie groot name is vir die span gekies, met middelafstandatleet, Caster Semenya, wat met haar Olimpiese goue medalje seker bo aan baie se dophoulys pryk. Chad le Clos en Cameron van der Burgh, wat met silwer medaljes by die Rio Olimpiese Spele weggestap het, is onder die magdom wêreldberoemde internasionale atlete waarmee Matieatlete kan verwag om skouers te skuur.

Keenan Horne (25) het gesê: “Alhoewel ek al aan ander internasionale byeenkomste deelgeneem het, sal ‘n byeenkoms met verskeie sportsoorte vir my ’n nuwe ervaring wees. Ek sien uit om ons land en die universiteit trots te maak.”

“Dit sal die eerste keer wees wat ek aan ‘n byeenkoms so groot soos hierdie een deelneem,” het Emma Chelius (21) gesê. “Dit is ‘n groot eer om as ‘n verteenwoordiger vir ons land gekies te word en ek wil regtig my beste poging vir die span lewer.”

Die Statebondspele vind vanjaar tussen 4 en 15 April in Queensland, Australië plaas.