Latest Post

A sense of belonging for Victoria Cluster Glaskas: Volstoom Vooruit! Earth Week: SU takes on Sustainability Maties rowing exceeds expectations at USSA-R sprints

Annerine Snyman

Die Universiteit Stellenbosch (US) het verlede naweek gasheer gespeel vir studenteverteenwoordigers van die Noord-Wes Universiteit (NWU). Hierdie besoek het deel gevorm van NWU se skakeltoer, waarvan US een van ses kampusse is wat deur NWU se kampusstudenteraad (KSR) en prims besoek is.

“[Ons] ervaring by US staan regtig uit in vergelyking met ander universiteite. Die moeite en hartlike ontvangs wat ons hier beleef het, is
uitsonderlik en daarvoor is ons baie dankbaar,” het Dalena D’Assonville,

NWU se KSR-koshuisraadslid gesê. D’Assonville het bygevoeg dat hulle koshuistoere van Dagbreek en Minerva, onder die leiding van hierdie koshuise se prims, kon geniet en dat hulle die opset van US se hubs baie interessant gevind het.

Sy het verder ook verduidelik dat hierdie toere gereël word om bande met medeleiers te bou, asook om bymekaar te leer. Sy ag hierdie
ervaring as uiters waardevol en sou enige toekomende SR-lid aanmoedig om aan so iets deel te neem.

US se PK-voorsitter, Bobby Wessels, was ook van mening dat dit ’n waardevolle ervaring was.

“Ek het baie lekker met hulle gesels oor hoe ons goed doen en oor hoe hulle goed doen,” het Wessels gesê in verband met ooreenkomstige suksesse en struikelblokke met studenteleiers van NWU.

Hoewel nie al die US se prims en SR-lede tydens die nieverpligte skakelsessies teenwoordig was nie, is Wessels van mening dat die wat wel teenwoordig was, hulle goed van hulle take gekwyt het en die besoekende leiers se vrae kon beantwoord.

Wessels se voorstel sou egter wees dat so ’n besoek langer moet wees sodat die besoekers meer van US se kampus kan beleef asook om ander uitkomste gedurende hulle besoek te bereik.

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial