Kristhoff Krige, die voormalige hoof van KuKo gee ’n blik oor die Woordfees produksies waaroor hy opgewonde is.
Die Reuk van Appels
As jy, soos die meeste van ons BA studente, English Studies 178 gehad het, dan ken jy reeds die vertaling van Mark Behr se “bildunsgroman” wat die toxic masculinity in Afrikaans patriarchy onbloot. Die toneelstuk het boonop 6 Fiësta’s gewen so gaan kyk dit in elkgeval.
Klara Maas se Hart is Gebreek
Eerste op my lys van Wessel Pretorius meesterstukke waarvan ek nie genoeg kan kry nie. Blitsvinnige en kraakvarse humor, dis epiese teater op sy beste. Ek wil weer in die voorste ry sit, sodat hy
weer in my gesig kan spoeg – “it was SO hot”.
Hoekom is die Badkamer se Vloer Nat?
’n Reeks sketse wat vir jou wys hoe belaglik jy eintlik is en hoe ironies dit is om jouself so ernstig op te neem. Daars masturbasie en spermselle en gespreke aan die etenstafel en ons volksheldin
Patricia Lewis se sterretjie het geval. Kry daai studente afslag.
Fotostaatmasjien
Wessel Pretorius bring Bibi Slippers se digbundel op die planke met Anna-Mart van der Merwe en Schalk Bezuidenhout. Oorspronklikheid word as ’n vreemde konsep ondersoek met temas soos Instagram filters,
katte en kleure soos geel. Ek kan nie wag nie.
Klippe Wat Val
Ek het eintlik geen idee waaroor dit gaan nie, maar dit lyk skerp, dit lyk kunstig en dit lyk bowenal of daar ’n homo-erotiese ondertoon betrokke is. Die beskrywing is ietwat vaag en donker so ek kan met oorgawe voorspel dat dit vol verrassings gaan wees.
Buite Land
Dit klink vir my soos ’n deurbraak toneel oor die wrywings tussen geloof, kultuur en seksualiteit en hoe al daai dinge eintlik deur die liefde onderskraag word. My sitplek is bespreek.
Nêrens, Noordkaap
Volgens my kamermaat het die hele teater in Bloemfontein snot en trane hieroor gehuil en so nou en dan gegiggel ook. Almal sal met die kostelike familie bande kan vereenselwig. Albert Pretorius is een van die beste akteurs in die land en ek sal dit nie misloop nie.
NRNNSA
Is dit my heel gusntelling toneelstuk? YAAAS! Wenner van die Vrystaart Kunstefees se toekenning vir die beste Vrynge produksie. Hierdie finale jaar drama studente het ‘n kabaret geskep wat jou opnuut bewus sal maak
van die sosiale werklikheid van ons sogenaamde reënboognasie.
Dangled
’n Eenmanstuk met die veelsydige komediant Rob van Vuuren – die beskrywing in die Woordfees program is “a dark psychosexual horror comedy”, so dit kan net lekker wees.