Latest Post

A sense of belonging for Victoria Cluster Glaskas: Volstoom Vooruit! Earth Week: SU takes on Sustainability Maties rowing exceeds expectations at USSA-R sprints

Annerine Snyman 

AFRIKAANS BELOW

Rugby lovers can expect a new development in the Varsity Cup rule book during next year’s tournament, where a new Power Play rule will be introduced.

The rule was announced on Tuesday 5 December, more than a month before the tournament starts on 29 January 2018, thus giving coaches and players time to come up with new tactics.

This rule allows the team that called the Power Play to remove two nominated backline players of the opposing team from the field for a period of three minutes. It further specifies that the Power Play can only be called when the team is in their own half; it can only be called by the captain; and that it is only allowed to be called once.

If the opposing team (whose players have been removed) scores during the specified time, they are awarded two extra points. That means that the try would count seven points before the conversion kick.

According to Varsity Cup’s website, this rule has been introduced to allow coaches to “employ exciting, attacking tactics” as well as to foster a “generation of dynamic and adjustable rugby players”.

Maties’ first match for 2018’s tournament is against the University of Johannesburg and will take place on 29 January at 19:00 at UJ Stadium.

 

Varsity Beker stel nuwe Power Play reël bekend vir 2018 seisoen

Annerine Snyman

Rugbyliefhebbers kan ’n nuwe verwikkeling in die Varsity Beker-reëlboek gedurende volgende jaar se toernooi verwag, waar ’n Nuwe Power Play reël bekendgestel sal word.

Hierdie reël is Dinsdag 5 Desember aangekondig. Dit is meer as ’n maand voor die toernooi se aanvangsdatum op 29 Januarie 2018 en skenk afrigters en spelers dus tyd om met nuwe taktieke vorendag te kom.

Hierdie reël behels dat die span wat die Power Play roep enige twee genomineerde agterlynspelers van die opponerende span vir ’n tydperk van drie minute van die veld kan verwyder. Dit spesifiseer egter verder dat die Power Play slegs geroep kan word indien die span in hulle eie helfte is; dit deur die kaptein geroep word; en dit mag slegs eenkeer geroep word.

Indien die opponerende span (wie se spelers verwyder is) ’n drie druk gedurende die gespesifiseerde tydperk, word daar aan hulle twee extra punte toegeken. Dit beteken so ’n drie sal sewe punte voor die skoppoging tel.

Volgens Varsity Beker se webwerf is hierdie reël bekendgestel om afrigters toe te laat om “opwindende aanvalstaktieke” toe te pas, sowel as om ’n “generasie dinamiese en aanpasbare rugbyspelers” te bevorder.

Maties se eerste wedstryd vir 2018 se toernooi is teen die Universiteit van Johannesburg en vind 29 Januarie om 19:00 by UJ Stadion plaas.

 

Foto: Varsity Cup

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial