Latest Post

Klim en klouter saam by Maties-rotsklim Toco: Can Money Grow on Trees? Breyton Poole leaping to higher heights Neon Dreams lights up South Africa

Elze Goosen

“Wat is die ergste en beste ding wat al in jou lewe gebeur het?”

Dit is die vraag wat Vaselientjie regisseur, Corné van Rooyen, aan alle akteurs gevra het voor hulle die rol toegeken is. So het hy verseker dat elke karakter se rol perfek vervul word.

Na sy in Van Rooyen se sitkamer haar oudisie moes aflê, is Marguerite van Eeden gekies om die rol van Vaselinetjie (Helena Bosman) in die fliek te vertolk. Sy noem dat dit uitdagend was om die fliek te verfilm omdat dit nie oor een enkele kwessie gaan nie.

“Dit gaan nie net oor Vaselinetjie nie, selfs al is dit haar storie. Jy gaan in die fliek sit en een van die karakters gaan met jou praat, of dit nou Killer, Texan of Pizzaface is.

“Mense dink Vaselinetjie gaan oor ras, maar dit is eintlik oor ’n meisie wat nie weet watter kleur sy is nie. Dit gaan nie oor bruin, wit of swart nie, maar oor iemand wat nie haar identiteit ken nie.

“Dit is hoekom dit so ’n toepasbare storie is, want dit definieer nie ’n sekere tyd nie. Dit is hoe Suid-Afrika nóú is– ons almal soek nog na ons identiteit.”

Van Eeden studeer tans BA Geesteswetenskappe by die Universiteit van Stellenbosch (US).

Die rol van Killer word vertolk deur Elzet Nel, BA Internasionale Studies student aan die US. Nel vertel dat soeke na identiteit die belangrikste faktor in die film is.

“As jy van die boek se sosio-politiese kommentaar hou, dan gaan jy die film love, want in plaas daarvan om op rasse as soseer te fokus, fokus dit  op identiteit in geheel. Jy verwag om haat in die film te voel, maar al wat jy voel is liefde.”

Sedert Vaselinetjie se verskyning op die verhoog, was dit haar droom om die rol van Killer te vertolk.

Die film se verwerking is deur René en Corné van Rooyen behartig, en von Meck het saamgewerk om die film af te rond.

Vaselinetjie  het ook die toekenning vir Beste speelfilm by die kykNET Silwerskermfees op 26 Augustus gewen. Von Meck se bekroonde jeugboek is 22 September uiteindelik op die skerms.

Von Meck se boek handel oor die teenspoed  van Helena Bosman (Vaselinetjie), wat by haar bruin ouma en oupa woon en dan weggestuur word omdat sy wit is. Wanneer die welsyn egter uitvind dat Vaselinetjie nie die egpaar se biologiese kleinkind is nie, gryp hulle in en besluit om Vaselinetjie na ’n staatsweeshuis in Johannesburg te stuur.

Van Eeden is genomineer vir beste aktrise, en Nel vir beste vroulike byspeler saam met bekendes soos June van Merch , Milan Murray en Shaleen Surtie Richards.

 

Foto: Minimax Cinema 

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial