Latest Post

Klim en klouter saam by Maties-rotsklim Toco: Can Money Grow on Trees? Breyton Poole leaping to higher heights Neon Dreams lights up South Africa

S.Z. Minnaar

Die bekende digter en dosent Alfred Schaffer is aangestel as die nuwe gasskrywer aan die Universiteit Leiden in Nederland.

Elke jaar word ’n nuwe skrywer gekies wat studente en dosente die moontlikheid bied om met een skrywer van naam in aanraking te kom. Tydens sy gasskrywerskap aan die Universiteit Leiden gaan hy saam met studente poësie skryf, vertaal en herskryf.

Schaffer is ‘n dosent van Nederlandse letterkunde van die departement Afrikaans en Nederlands. Naas sy eie skryfwerk, het hy al verskeie bloemlesings saamgestel en ook verskillende Afrikaanse digbundels in Nederlands vertaal.

Die gasskrywerskap is in 1985 gevestig en die eerste gasskrywer was die bekende Nederlandse skrywer Gerard Reve. Suid-Afrikaners het ook al voorheen hierdie posisie beklee soos Etienne van Heerden in 2000 en Marlene van Niekerk in 2009.

Die gasskrywerskap duur vir die volgende drie maande waarna hy weer na Matieland sal terugkeer.

 

Foto: Naomi Bruwer

Translate »
Social media & sharing icons powered by UltimatelySocial